Die perfekte roerbraai sous en word ook wonderlike geskenk idees! Verder heerlik oor pizza basisse, verdun met room vir slaaisous, doopsous asook perfekte marinade! Vinnig en maklik om te berei.
1 kg pypappel
20 g rissies, halveer in lengte, verwyder sade, grof gekap
300 g rooi soet rissie (peper), sade verwyder, grof gekap
1 kg witsuiker
500 ml wit asyn
300 ml appel asyn
200 ml balsamiese asyn of woestersous
60 g (½ k) mielieblom aangemaak met ½ k asyn uit bestanddele lys
1 t sout
1 e fenegriek
Steriliseer bottels deur te was en dan in die oond te hou teen 120 ℃ vir 10 minute en dan temperatuur af te bring na 90 ℃. Hou so tot dit tyd word om Rissie konfyt in te skep.
Plaas pynappel, rissies en soet rissie in voedselverwerker en kap fyn so groot soos gedroogde rissie vlokkies.
Verhit asyne en suiker saam en roer oor medium hitte totdat die suiker gesmelt het. Kook die mengsel vir 5 min sodra suiker opgelos is. Voeg die rissies by en kook vir 15 minute.
Voeg die mielieblom, sout en fenegriek by en kook tot verdik vir ongeveer 5-8 minute, oppas vir aanbrand. Haal van hitte af en laat afkoel vir 10 minute.
Bottel daarna dadelik en seel dig.
Bron: Annelien Pienaar, 2017, Indiese Speserye klas.
Hoeveelheid: 8 x 375ml botteltjies
Waar kan mens fenegriek koop
Fenugreek kan by enige Indiese of Chinese spesery winkel gekoop word. By die Gesonheids rak van Dischem by Natures choice sal jy dit ook vind. Koop die heel saad nie die fyn poeier. Die poeier het reeds sy gesonde goed verloor en ook baie van die vlugtige aromatiese olies. Groete Annelien
Moet hierdie sous in die yskas gehou word of berg mens dit soos konfyt?
En hoe lank hou dit?
Christelle dit kan gebottel word vir 12 maande.