Die oorsprong van Biryani is vanf af Persië en tradisioneel met vleis en of groente gemaak. Biryani word ook met ʼn heerlike dahl of lensies en rys bedien.
275 g (1 ½ k) basmati rys
60 ml olyf of sonneblom olie
1 ui, fyn gesny
2 knoffel toontjies, fyn gedruk
1 groen rissie, pitte verwyder, gekap (as ek vir gaste kook is ek genadig en gebruik net die puntjie van 1 cm lank om te geur en warmte in te sit, sonder die tong dood brand).
1 duim lit lengte gemmer, geskil, in ringe gesny en dan fyn gestamp
700 g hoender filette in 2 cm stukke gesny
45 ml atchaar masala uit my BKT kookboek
½ t sout
1 t kerrie poeier
1 t borrie
3 heel tamaties, blansjeer en fyn gekap
2 lourier blare
5 saffraan drade
1 kaneel stokkie
100 ml room
hand vol vars koljander blare vir garnering
Voor verhit oond na 180C en smeer ʼn reghoekige vuurvaste bak met olie uit.
Was die rys deur dit te spoel in koue water. Sodra die water helder is laat die rys in skoon water week vir 30 minute.
Verhit ʼn wok of ʼn groot pan en voeg die olie by en braai die uie tot glansend. Voeg die knoffel, gemmer en rissie by en braai vir nog ʼn verdere minuut. Voeg die hoender by en braai vir 5 minute tot alle kante geseel is. Moenie kommer om gaar te kook, die gereg word in die oond verder gaar gebak.
Voeg die tamatie, sout, masala by die hoender mengsel en kook weer vir 5 minute saam. Verwyder van hitte en plaas eenkant.
Dreineer die rys weer. Plaas genoeg water in ʼn kastrol met kaneelstokkie om die rys in te kook. Bring die water tot kookpunt en voeg die sout, saffraan en borrie by. Voeg die rys by die kokende water en kook vir 10 minute. Die rys moet sag wees buite maar nog redelik ferm in die middel. Dreineer die rys en roer ʼn klontjie botter by. Voeg die loerier blare by.
Skep die helfte van die rys in die oond vaste skottel en skep die hoender daarop en rond af met ʼn laag rys indien verkies of net rys eerste en dan die vleis. Geen reg of verkeerd. Giet die room oor. Bedek met deksel of foelie en bak vir 25 minute tot deur gebak. Bedien met die Soetrissies sous in die Boerekos met ʼn Twist kookboek p.200
Bron: Annelien Pienaar, 2018, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 4-6 porsies
Hallo Annelien is besig om biryani te maak. Die kerrie het ek by die hoender gevoeg is dit reg so. Daar word nie gemeld waar die kerrie kom nie
Bairdankie
Serina
Wou nog by voeg resep is heerlik. Net reg vir die koue winter dag. Het gister atjarmasala gemaak. Nog n wenner
Kan nie wag vir volgende resep nie