Warm somers dae is net die regte tyd vir hierdie Suurlemoen drankie uit die hart van Italië. Die soort suurlemoen wat jy gebruik is die kruks van die saak…NIE lemmetjies…dit is erg bitter…dit het ek die eerste keer uit gevind. Dik skil suurlemoene is gewoonlik die lekkerste, skil en verwerk ook makliker. Die hele ding gaan oor die infusie wat plaasvind van die suurlemoen skille in die vodka.

Fase 1
10 Suurlemoene se zest (suurlemoene moet so groot soos jou vuis wees of anders verdubbel die hoeveelheid suurlemoene
750 ml vodka
Infuse vir 7-10 dae

Om so ‘n groot hoeveelheid suurlemoene te zest is baie werk en ek doen die alternatief wat net so goed werk: Sny dik skil suurlemoene teen die vel af sonder dat daar enige van die wit aan die skil wys. Die olie selletjies moet sigbaar wees. Sny in dun syfies soos in 1mm dik en plaas in ‘n bak en dan kap dit met ‘n vysel of agterkant van ‘n stomp voorwerp om die selle te aktiveer.

Fase 2

3 k witsuiker
4 k water

Kook saam vir 15 min, koel af tot koud, voeg die zest infusion by en giet deur siffie in bottels en hou verkoel. Ek sit altyd so paar stukkies skil vir die mooi in die bottel, maar dit is egter nie hoe dit tradisioneel bedien word. Voor bediening, vries in plastiek houer anders bars glas bottels.

Neem 6 blokkies ys, 1 tot lemoncello en kap fyn in voedselverwerker, blender stok, yskraker en bedien dan met ‘n tonic water of lemonade of sodawater. Persoonlik is dit hoe ek my drankie verkies maar kan sterker bedien word en voeg ook ‘n bietjie kruie soos ‘n takkie ment by.

Bron: Annelien Pienaar, 2013, www.annelienpienaar.co.za
1.5 liter opbrengs