Wat maak mens met pampoen sade? Kan mens dit verwerk en eet? Is dit doenbaar? Hier is my manier van hoe ek pampoen sade verwerk.
Kook ‘n 3 liter kastrol driekwart vol met water, 2 e sout, 4 e appel asyn….maak seker meeste van die geel stukke is af. Moenie kommer as jy nie alles af kry…die kook sal dit skoon maak. Kook nooit meer as 3 k se sade per keer vir 2 minute tot die skuim bo vorm…dreineer.
NB…neem groot vadoeke en skep die pitte op dit uit en droog soveel moontlik. Plaas in ‘n bak en giet ongeveer 1 e olyf olie oor en skud om die sade te bedek.. Sprei wyd oop op Silikoon bakkersvel sodat die sade nie op mekaar lê. Bak die sade by 150C vir 30 minute.
Haal uit en giet in n bak om af te koel. So kan die sade dan makliker oop gekraak word deur die sade op ‘n kombuislappie uit te gooi en net liggies met ‘n glas se agter kant of vleis hammer te breek of met koekroller oor te rol. Die bak proses maak die sade bros.
Jy kan die sade ook voordat dit gebak word geur: Gegeurde soute Ek bedien die sade met doppie en al sodat die kinders en groot mense die sade net so eet. Glo my dit klink snaaks, maar dit is heerlik en dien as ekstra vesel…uiters vullend. REsepte se spices… kyk in jou BKT kookboek vir die atjaar masala, woestersous sout mengsel, groente sout. Op die webtuistte . Lekker eet.
Resepte met pampoen saad:
Karamel pampoen saad: vervang pekans
Neute mengsel