Wanneer ek die weeklikse kosblikke beplan is hierdie neute en vrugte kombinasie altyd deel van my kinders se snoephappies. Neute is duur maar as jy rondsnuffel by plekke soos Jasmyn (Hartbeespoortdam), Cisco’s (Fordsburg) in Johannesburg..dan raak dit bekostigbaar. Hierdie neute mengsel hou my ongeveer 6 weke en ek sit so 3 eetlepel grootte skeppies in hul kosblikke. Die neute is ‘n wonderlike bron proteine, omega’s, piesang gee weer kalium en magnesium om te help teen moegheid en cranberries vir antioksidante. Daarom gesond om te eet maar met matigheid voor oë!

500 g cashew neute, gesout
500 g pekan halwes, gesout
500 g amandels, gesout
500 g braziliaanse neute, gesout
500 g makadamia neute, gesout
1 kg gedroogde piesang skyfies
500 g cranberries

Meng alles saam en verpak in lugdigte houers en stoor in die vrieskas en haal net genoeg uit vir die week se voorraad.

Geniet!

Bron: Annelien Pienaar, 2018

Hoeveeleheid: 80-100 porsies van 40-50 g