‘n Heerlike manier om groen tamaties…ja jong tamaties voordat dit ryp word te oes en te verwerk in ‘n gepiekelde weergawe wat in olie preserveer word. ‘n Heerlike manier om ‘n Mezze bord aan te vul.

1 kg groen tamaties gesny in ½ cm skywe
600 ml wit asyn
400 ml water
125 ml wit suiker (opsioneel)
1 e fyn knoffel
2 e origanum, gedroog
1 e pietersielie, gedroog
500 g growwe sout
2 e swart peper, grof gemaal
helfte sonneblom olie en helfte olyf olie van goeie kwaliteit (werk op ‘n liter van elk)
Sprinkel growwe sout oor tamaties om water uit te trek. Laat lê vir 12 ure.

Meng asyn en wit suiker met water en giet oor die tamaties en laat weer vir 12 ure week in dieselfde houer.

Haal tamaties uit asyn-water en druk goed droog.

Pak die skywe tamaties in lae in ‘n gesteriliseerde glas fles en sprinkel met kruie en speserye soos in bestanddele lys genoem. Druk die tamaties goed vas. Vul die bottel met om die helfte met die twee olies. Haal alle lugborrels uit. Hierdie produk moet vir 4 weke eers goed marineer voordat dit gebruik kan word.
Bedienings voorstel: op vars gebakte brood, puree as ‘n smeer of patee…verder ook geskik soos ‘n pesto met ekstra olie en weer bietjie asyn om dan in ‘n slaaisous verander te word. Ook heerlik in kerrie bredies en slaaie.

Bron: Elba Groenewalt, getoets en standardiseer deur Annelien Pienaar, 2016

Hoeveelheid: 4 x 375 ml bottels