Beeslende skyf is vir ons ‘n heerlike snit om te geniet vir braaivleis en ook as skyfies vleis saam met ‘n roerbraai. Daarmee saam is die souse waarmee hierdie vleis gaargemaak word ook belangrik. Die vleis word vooraf eers met ‘n goeie kwaliteit ekstra Virgin olyf olie in gevryf en gelaat om sag te word. Daarna word die vleis in die Rooisous marinade geplaas en oor hoë hitte geseel en braai tot die perfekte gaarheid van die gas se keuse.

½ k olyfolie
1 x Rooisous marinade
1 kg Bees lende skyf
Sout en peper na smaak

Vryf die vleis in met olyfolie en laat oornag rus of 3 ure. Daarna lê die vleis in die rooisous marinade en laat weer ‘n uur rus voordat dit gaar gemaak word.

Wanneer enige stuk vleis gaar gemaak word is dit belangrik om te weet hoe om dit korrek te doen. Voor verhit ‘n gietysterpan tot rook warm. Hoe weet jy die pan is rookwarm? Drup ‘n teelepel water in die pan, wanneer die water druppel soos ‘n albaster rond rol en nie ‘n plassie maak wat weg kook…is die pan gereed. Plaas die vleis in die pan en maak gaar na gelang van keuse vir gaarheid. Rus die vleis vir 5 minute en sprinkel sout en peper net voor bediening. As mens die sout tydens die gaarmaak byvoeg sal die vleissappe onttrek word en die vleis droog wees en nie sappig.

Hoe bepaal mens die tye vir gaarmaak vir skywe vleis van ongeveer 2-4 cm dik?

Rare: 4 minute braai aan kant 1 en nog 2 minute op kant twee. Interne temperatuur van die vleis moet wees: 49 C

Medium rare: 5 minute kant 1 en 3 minute kant 2. Interne temperatuur: 52 C

Medium: 6 minute kant 1 en 5 minute kant 2. Interne temperatuur: 57 C

Medim well: 7 minute kant 1 en 6 minute kant 2. Interne temperatuur: 63 C

Well done: moenie dit doen nie…vleis moet sappig wees en smaaklik, nie soos ‘n stuk leer!

Bedien met: Cous-cous

Bron: Annelien Pienaar, 2018