Hierdie is ‘n vinnige sousie om te maak en bevat al die bestanddele in ‘n normale koskas. Die sous braai die vleis mooi bruin en gee ‘n heerlike taai toffie lagie. Dus, suig die vingers af lekker, waar niemand jou kan sien nie! Van hoender, bees, skaap, vark, wild…dit werk soos ‘n droom.
500 ml (2 k) tamatiesous
125 ml (½ k) woestersous
125 ml (½ k) blatjang of appelkooskonfyt
125 ml (½ k) olyfolie of sonneblom olie
30 ml (2 e) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) heuning of molasse stroop
45 ml (3 e) fyn knoffel
30 ml (2 e) suurlemoensap
Meng al die bestanddele saam. Smeer oor vleis en marineer vir 1 uur of oornag. Die sous kan direk op vleis gesmeer word as dit oor die kole gebraai word. Dus vir die oond of kole uiters geskik. Stoor vir ongeveer 6 weke.
Hoeveelheid: 900 ml
annelien. ek is geregistreer, maar het nog nie jou brief ontvang nie! sterkte met jou nuwe blad!
Hallo Marley, loer asb in jou spam folder of jou Confirmation epos vanaf my nie daar is nie. Dit mag dalk die rede wees hoekom jy nie die epos ontvang het nie. Laat weet my teen saterdag hierdie week of dit afgelewer is. Die eposse gaan teen vrydag aand tot saterdag oggend uit. Groete Annelien
More Annelien. Ek wil graag hierdie sous maak en in my padstal aanhou. Moet dit in ñ yskas gehou word? Hou hy 6 weke op d rak of yskas?
Wanneer jy die bestanddele meng en verhit 5C bo kookpunt is dit geskik om gebottel te word in gesteriliseerde glas flesse met ‘n 3 maande raklewe. Groete Annelien