BKT Klets-Kombuis 18 Mei 2018

BKT Klets-Kombuis 18 Mei 2018

Hallo Twister.

Die week het soos ‘n oogwink verby geflits. Elke dag het sy eie uitdagings en ook sy wonders…wonder hoe mens dit oorleef tot die volgende dag met al die dinge in die nuus wat mens soms so wil negatief maak. Hierdie week het ek gehoor van ‘n vriendin van my se ma wat vermoor is. Die volgende oggend toe ek my gordyne ooptrek begroet die gloeiende prentjie my van die boord. Ek voel die windjie by die venster trek oor my vel, ek sien die wind waai in die boord en die son se strale oor die boomtoppe geverf. Ek dink as gelowige aan die Heilige Gees…Hy is soos die wind. Jy voel Hom maar kan hom nie sien…Toe weet ek met daardie rustigheid in my hart, die Vader sluimer en slaap nie.

Die werksweek was vol met besoeke aan fabrieke waar gesondheids sertifikate afgeteken moet word en swabs gedoen was. Ek wag nog vir 1 verslag en kan met trots sê hierdie fabrieke is suiwer skoon. Dit is die deel van my werk wat ek die meeste geniet. Om na die verslae te kyk en die vlakke van mikrobes te evalueer en te sien, die vlakke is normaal en aanvaarbaar.

Die naweek word afgesluit met my besoek in Potchefstroom waar ek en ‘n span van dames met die gehoor gaan praat oor hoe om jouself gesond te eet, meer spesefiek, konsentrasie vlakke en die brein te voed met Breinkos. Ons kyk na die emosionele uitdagings wat mamma’s en ander sorggewers die hoof moet bied om ons en ons kinders met goeie nutriente te voed. Motivering om nie moed op te gee en te sien jy kan ‘n sukses wees…in alles wat jy aanpak. Daar is ook aspekte soos essensiele olies en hoe dit kan help met aandag probleme. Dus, drie dames met ‘n missie en visie…Essensiele olies, Geestelike en Emosionele motivering en dan die sake van die kombuis…

Ek het vir julle paar skakels weer opgesit om van te kies en te keur. Ek het aandag gegee aan
‘n wye verskeinheid aspekte in en om die kombuis. Hoop julle vind hierdie inligting nuttig. Onthou asb dat daar elke week tot en met die 7 Julie elke week ‘n BKT geskenkpak te wen is. Neem asb deel op VIA se webtuise.

Dan het ek wonderlike nuus. Die Nuusbrief sal eersdaags weer per epos uitgaan. Saam met dit gaan die winkel terselfde tyd teen 1 Junie, gelaai word met die BKT produkte. Daar is Kiaat kapplanke, Bamboes kapplanke, voorskote, bamboes lepes, maatkoppies, maatlepels, elektroniese skaaltjies, silikoon bakvelle, oond thermometers, bottervormpies met spaantjies…sommer ‘n hele rits produkte om die lewe vir my Twisters in die kombuis makliker te maak. Verder het ek gaan navraag doen oor die Pannekoek panne…Crepe panne. Die panne wat ek kan aanskaf is “Heavy duty” en geskik vir induksie, gas en halogene plate. Die panne is effe duur en teen kosprys R410. Dan het ek nog nie eens 10% vir hantering en versending ingereken of ‘n wins! Indien jy wel sou belangstel in ‘n heavy duty pan, kleefvry…laat weet dan sal ek dit op bestelling neem…maar gaan dit nie soos die ander produkte in my shop aanhou nie. Die mengbakke en pasteibakke gaan eers ‘n week later in Junie op die aanlyn winkel beskikbaar wees.

Goed, dan praat ons oor toegang tot die webtuiste per selfoon. Neem kennis selfoon en tablet gebruikers. Kyk ek was die week grys gesukkel…toe kom ek na maande agter dit is NIE die webtuiste wat nie werk vir selfone…maar die selfone self wat die probleem is. Kom ek verduidelik gou so. Jou foon se apps moet mos soms geupdate word? Wel, ek het gekies om die outomatiese funksie af te haal en self te besluit wat ek wil laat update. Goed, nou wat gebeur is die foon doen die updates outomaties en delete nie die vorige ou inligting. Dit veroorsaak dan dat jy nie toegang kry…maak nie saak hoe jy jou password reset…jy is uit soos koekies in die weeshuis. Neem jou foon na jou diensverskaffer as jy nie weet hoe, sodat hul na die app updates kan kyk. Dan nommer twee, om ingelog te bly: Gaan per rekenaar na Login Regs bo. Log uit en dan weer in deur: jou Username en password in te tik en dan nog nie enter te druk, maar af te scroll totdat die opsie wys om te tiek, stay logged in. Kliek die opsie. Daarna kan jy enter druk en die opsie aktiveer. Jy sal ingeteken bly. Ons het dit hierdie week oor en oor getoets. Die funksie werk, die slimfone, is die ding…hulle het te veel goed wat blokkasies veroorsaak. So, ek weet nie van julle, maar hierdie laat my kop soms voel soos matriek skryf…vodde, sif gedink om dinge uit te pluis. Soos julle my ken, gee ek nie op totdat ek verstaan.

Laaste maar nie die minste. 8 Junie merk ‘n belangrike dag in my lewe. Ek moet vir ‘n operasie gaan wat my vir 6 weke buite aksie gaan sit. Ek het 5 jaar wat ek uitstel en tans begin dit my gesondheid affekteer en my lewenskwaliteit. Dus, werk ek teen die spoed van witlig om vir julle genoeg bak en kookwerk op die webtuiste te laai en te skeduleer vir vrystelling op ‘n weeklikse bases. Ek sal nader aan die tyd julle weer herinner. En asb, help die ander Twisters wat nie weet hoe om op die web te kom en links te soek. Ek sal vir die eerste 5 dae dalk nie kan navrae hanteer en arme Sandra Saayman gaan julle hulp en geduld nodig hê.

Lys van skakels:
Eenskottel hoender gereg met Tuisgemaakte soppoeier en Groente koekies 

Verskil tussen Kits en Gis beskuit

Keuse en Versorging van Snyplanke

BKT Klets-Kombuis groete

Annelien Pienaar

2018-05-18T17:28:55+00:00 4 Comments

4 Comments

  1. roland May 18, 2018 at 6:22 pm - Reply

    Hi Annelien, dankie vir die skrywe. Net een vragie, wat is die kanse dat jy bennetons ook in die winkel hou? Die goed is soos hoendertande in die Baai. Ek doen nie aanlyn banksake nie en sal verkies om by jou te kry omdat ek EFT kan doen wat myns insiens die veiligste is.

    • Annelien May 18, 2018 at 7:03 pm - Reply

      Roland, ek het twee soorte wat ek in die broodklasse verkoop. My eerste keuse is die oorgetrekte Franse linne mandjies…beste rysmandjies ooit en uiters bekostigbaar. Dan is daar die Cane bannetons wat totaal en al over rated is en baie, baie duur. Indien jy lg wil aankoop gaan jy kyk na so R550 en meer. Daar is langes en rondes. Ek sal net die mates en gewigte vir jou moet kry. Die oorgetrekte mandjies is maar R145. Groete Annelien

  2. vivier.gesin May 18, 2018 at 8:42 pm - Reply

    Dink aan jou met die operasie Annelien. Ek glo alles sal goed afloop.

    • Annelien May 20, 2018 at 7:11 pm - Reply

      Baie dankie.

Leave A Comment