Keuse en Versorging van Snyplanke

Keuse en Versorging van Snyplanke

Hoekom is hout die eerste keuse vir snyplanke? Hoekom nie glas of plastiek nie? Watter soort hout is geskik vir my kombuis en ook veilig? Kom ons kyk na al die vrae en laastens gaan ons dan kyk na die versorging weekliks van jou Snyplank.

“Goedkoop koop is duur koop” en my seining as chef en voedsel konsultant. Ek weet in die industrie werk ons met kleur kodeerde kapplanke. Nou die ding van die kleure is om te help onderskei tussen watter mag net vir groente, vis, hoender, rooivleis, suiwel, brood ens gebruik word. Ongelukkig is hierdie borde van plastiek gemaak. Dus vir hierdie kombuise is dit egter nodig om te kan onderskei, dink net as daar houtplanke was, hoe sou mense in ‘n kombuis kon onderskei? Kyk hoe rof gaan dit in SA fabrieke met goed soos Listeria wat uitgebreek het. Dus, het ons orde nodig, maar dit is nie noodwendig die beste opsie nie.

Kom ons gaan kyk na plastiek opsigself. Al word BPA vrye materiaal gebruik, bly plastiek nog steeds porieus en dit kan met tyd sny merke…die teëlaarde word vir mikrobiale groei. Dit beteken om net met seep en water te skrop gaan nie patogene mikrobes (slegte skadelike kieme) vernietig nie. Jy sal iets soos ‘n jodium basis ontsmettings
middel moet gebruik om mikrobes te dood of selfs ‘n sterk chloor basis. Vir my en my gesin is plastiek nie ‘n opsie as dit by gesondheid kom.

Glas. Nou glas is hard…en maak jou messe stomp. Dit is dus krities om jou messe die beste behandeling moontlik te gee deur dit die beste oppervlakte te gee om op te sny. Glas is nie geskik as ‘n kapplank nie.

Ons kom nou by die volgende medium: Hout! Kiaat kapplanke het meeste van die eienskappe van ‘n goeie snyplank wat maklik is om te onderhou, messe se lemme langer laat skerp bly, die hout seel weer self. Ek het met my reise deur die wêreld oral “teak” kapplanke teë gekom en moet bieg, die Suid-Afrikaanse kiaat en Rhodesian teak is maar net die beste. Jy kan ook na ysterhout en bamboes kyk. Bamboes is effens dunner maar hou ook die pas vol sonder om kieme te huisves of jou lemme stomp te maak. Deur die behandeling van die hout met olie verseker dit dat die hout geen ongewenste elemente in die bord absorbeer nie. Daarom is ‘n goeie versorgings rotine vir jou kapplank die beste belegging lewenslank. Dink so daaraan…jy hou nie daarvan om ‘n “Vuil Viljoentjie” te wees nie…so ook nie jou kapplank nie.

Kom ons kyk na die versorging van die hout. Indien jy ‘n nuwe kapplank het is dit baie belangrik om dit goed te olie, maar wees versigtig dat jy nie te veel olie gee, die hout moet die olie absorbeer, alle oortollige olie moet die volgende dag af gevee word. Kom ons begin.

Na elke was droog die plank goed af en laat dan regop en staande droog word. Maak seker die kant wat rustend is staan nie in ‘n poel water nie. So kan die kant van die plank muf en dit is nie gewens nie. Sodra die plank droog is kan dit met ‘n verskeidenheid olies behadel word. Olyfolie is een daarvan as ek uit “liquid parafien” hardloop. Liquid Parafien kan by enige apteek aangekoop word en is ook medisinaal van aard, dus glad nie giftig. Jy kan selfs al jou houtlepels en -bakke in die kombuis met dit smeer. Smeer die bord en werk die olie goed in. Laat die bord weer oornag staan en vee die ekstra die volgende dag af.

Wanneer die bord vir enige vorm van protein en suiwel gebruik word: spoel deeglik af, sprinkel met medium growwen gejodeerde sout en koeksoda, neem ‘n suurlemoen en sny in die helfte. Wenk: Verhit die suurlemoen in die mikrogolf vir 1 minuut sodoende meer sap daaruit te kry. Druk dan die een helfte van die suurlemoen se sap uit oor die bord en gebruik die ander helfte soos ‘n sponsie met die gesnyde kant na onder. Skrop dan so die bord aan beide kante, onthou sappe vloei teen die kant af en kan die onderkant kontamineer. Spoel die bord goed af, droog af, staan regop, laat droog, olie die volgende dag, staan regop oornag, vee ekstra olie af en stoor.

Onthou wanner jy ‘n kapplank aankoop kyk na ‘n baie dik een, ten minste 3-5 cm dik. Hoe dikker die plank hoe skraler die kans vir skeeftrek. Maak seker die plank staan stewig as jy werk deur ‘n vadoek onder die bord te sit sodat jy meer beheer het oor jou snywerk. Daar is niks so steurend soos ‘n bord wat gly as jy ‘n aartappel sny. Hout wat nie geskik is, is verseker jou Dennehout soort. Kyk na Kiaat, ysterhout, bamboes, beuke hout…googleloer maar vir nog houtsoorte, maar hierdie is waarmee ek al baie tevrede was en prys gewys…bekostigbaar. Hierdie is my persoonlike ervaring en jy mag van my verskil tov hout keuse..maar waar ek nie ‘n knie buig, is by die versorging en instandhouding van die snyplank.

Kiaat en Baboes snyplanke vanaf Junie 2018 op die shop deel van www.annelienpienaar.co.za beskikbaar.

Bron: Annelien Pienaar, 2018

2018-05-20T06:29:07+00:006 Comments

6 Comments

  1. Helena Mäkinen May 18, 2018 at 8:11 pm - Reply

    Die hout snyplanke van House of York, weet jy watse soort hout gebruik hulle? Baie dankie vir die artikel, ek’t het lankal gewonder met watse soort olie versorg mens dit.

    • Annelien May 20, 2018 at 7:11 pm - Reply

      Dit is deel van die Seder familie vir hout.

  2. Kittie van Heerden May 19, 2018 at 6:28 pm - Reply

    Jammer groot asseblief Kiaat

    • Annelien May 20, 2018 at 7:10 pm - Reply

      Hou asb die webtuiste dop onder die Winkel gedeelte teen einde Mei. Groete Annelien

  3. Kittie van Heerden May 19, 2018 at 6:31 pm - Reply

    Jammer groot asseblief Kiaat klaar jou boek gekoop Loot het hom binne 2 dae by my huis afgelewer. .
    Kan ek nou op betaalde nuus brief ingaan laat weet asseblief vir my.

    • Annelien May 20, 2018 at 7:10 pm - Reply

      Die Nuusbrief is gratis. Groete Annelien

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.