BKT Klets-Kombuis

BKT Klets-Kombuis

Photo by: Annelien Pienaar Food Consultant (www.annelienpienaar.co.za)

Hallo daar Twister

Dit was ‘n lang twee weke gewees op die pad en weg van die huis. Die werk eis soms sy tol maar weet jy, die vuur in my hart, die passie vir my werk is ongekend. Jy voel nie die moeg nie, jy sien net die positiewe resultate wat die insette oplewer. Personeel wat jou ‘n drukkie kom gee as jy vertrek met ‘n ‘Dankie mevrou of mam you made a difference”. Dit is tye soos hierdie as jy by die huis kom, jy nie kommer oor die seer voete of gebrande hande nie…nee, jy dink aan die diep kyk wat jy in die ander persoon se oog gekyk het en die dankbaarheid sien en opregtigheid.

Ek skaal bietjie af met die weg werkery en doen net 1 per maand. Loer gerus daar is nuwe klas datums onder Events op die webtuiste gelaai. Die BKT TV reeks se produkte sal teen die 18de Mei op die winkeltjie gelaai wees. Die bottervormpie is pragtig. Dit bestaan uit drie dele. Die vorm wat met skarniere open, die basis plankie en dan die spaantjie. Die hout is Kanadese ceder hout. Ag, ek is so opgewonde om vir julle bekostigbare produkte aan te bied. Alles goedjies wat ek op ‘n daaglikse basis in my kombuise gebruik.

Van moegheid het ek mos vanoggend die domste ding oorgekom. Julle weet die dag as iets breek is die reel in die kommersiële kombuise, gooi weg, moenie probeer regmaak nie. Wel, so kom die ding mos vir my oor. Die verdekselse teepot se deksel…Wel, die deksel se skarnier is lankal gebreek, dit is ‘n groot teepot wat al die jare saam gereis het op vakansies as die Pienaar gesin (ja al 4 kinders met gesinne) saam see toe gaan. Daardie pot het baie bekkies tee en koekies gegee. Ek het die gewoonte om haar elke oggend vol te maak, te trek en dan in die warm fles te gooi en drink dan die heel dag so tee. Elk geval, nadat die Filistyne die pad gevat het skooltoe, doen ek die rotine ding. Hierdie keer het een van die Filistyne die stoof plaat warmer as gewoon gestel vir die tee om te trek. Ek en oom Stanley (dit is die fles se naam) staan so by die stoof en werk. Lig die pot op en dit is lekker vol. Maak oom Stanley vol en toe ek my weer kry val die deksel af en die warm tee stroom teen my hand en pejakkies af…alles warm en nat…daar waar die klere aan die vel raak, brand dit. Ek het nie besef mens kan met warm tee so verskriklik seer brand nie. Dit is toe nou maar einde van die familie teepot. Sy gaan maar nou ‘n blompot of iets word. Dit kon een van my kinders gewees het wat seer gekry het. So, moenie foute maak soos ek…gooi weg of maak ‘n plan!

Ons kyk na ou en nuwe resepte vir hierdie week. Ek het bietjie gaan snuffel en gesien daar is goed op die webtuiste wat ek lanklaas gedeel het. So, ek stof af en nuwe lede ka nook bietjie kyk na wat verskuil is. Omdat die winter nou besig is om haarself te wys, is dit tyd om die soppe, souse, bredies en warm nageregte af te stof. Eenskottel geregte kry voorrang in die Pienaar-huis.

Asb tog, Twister. As jy nuut is op die groep, lees die About deel van Boerekos met ‘n Twist die Facebook groep. Net my getoestde resepte word op die groep gedeel, ek kan nie pa staan vir werk wat nie deur my hande is. Ek kan nie jou kopkrappers oplos as daar nie riglyne is. Dus, vra ek mooi, werk saam…lees die about sodat jy verstaan hoekom ek soos ‘n steeks merrie nie buig of bars. Na 24 jaar in die kosbedryf leer ek elke dag nuwe goed en skryf neer. Daarom dat ek die navrae geniet. Ek leer met “leaps and bounds” saam met julle. As ek vir jou sê ek weet nie ek sal uitvind, waardeer as ek eerlik is…ek wil nie jou tyd of geld mors nie. Ek staaf my feite eers voor ek help.

Mag die naweek vir jou vol rus, liefde en kuier wees. Die nuwe week wat dan vir ons loer, met ywer en positiewe gesindheid aangepak word.

Hoop jy kan Maandag aande saam kyk op VIA tv kanaal 147 en saam luister op Dinsdag oggende net na 08h00 op Pretoria FM waar ek oor die afgelope episodes gesels.

Resepte vir die week:
1. Episode 4 van BKT TV reeks se resepte: Biltong kaaskoek met soetrissie sous
2. Peer en Karamel tert
3. Skilferkors deeg
4. Vinnige 10 min Melktertvulsel Onthou net om die kors goed deur te bak en te laat afkoel voor jy dit met die melktert pap vul
5. Heel vleis snitte vir Sondagmaal

BKT groete

Annelien Pienaar

2018-05-04T17:19:02+00:006 Comments

6 Comments

  1. veronv May 4, 2018 at 5:10 pm - Reply

    Dankie vir die heerlike resepte!!

    • Annelien May 4, 2018 at 5:19 pm - Reply

      Groot plesier! Groete Annelien

  2. Hanlie Buytendach May 4, 2018 at 8:24 pm - Reply

    Ek geniet jou TV program so baie! Baie dankie! Xx

    • Annelien May 5, 2018 at 5:12 am - Reply

      Baie dankie dat jy saam kyk. Ons het ‘n hele paar oulike en interessante episodes wat wag. BKT groete Annelien

  3. santiemoodie18 May 4, 2018 at 8:33 pm - Reply

    Aangesluit en opgewonde.Dankie vir jou resepte ,staaltjies en raad.Geniet dit baie !

    • Annelien May 5, 2018 at 5:12 am - Reply

      Hallo Santie, dankie dat jy saam Twist. Loer gerus na jou eposse jy sal jou unieke password ontvang om by My Account in te teken. Laat weet as jy sukkel ons help graag. BKT groete Annelien

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.