Soetsuur Kiepie oor die kole is een van daardie voorgeregte wat rondom die vuur geniet kan word en ure se kuier verseker. Die sousie kan ook aangewend word vir die heerlikste ribbetjies en ander vleis snitte. Ma het mos altyd geraas oor vingers aflek, maar ek los die Filistyne om maar ‘n varkie-aand te hou. Natuurlik sit die honde nie te ver vir ‘n beentjie wat skelmpies onder die tafel gegee word.  Kom ons begin. Hierdie sous kan met gemak gebottel en gebêre word vir latere gebruik. Raklewe in die yskas is 3 maande. Moenie sous wat reeds met vleis in kontak was stoor nie, jy sal baie, baie siek word.

1 k appelkoos konfyt
1 k fyn pynappel met sap
1/4 k woestersous
1/2 k olyfolie
1 k fyn uie, uitgebraai tot glansend
2 e knoffel, gedroog
1 t gerookte paprika (Cape Herb ‘n Spice)
sout en peper na smaak
1-2 kg vleis van keuse

Voor verhit oond na 180 C. Pak ongegeurde hoender stukke in oond bak en bedek. Bak dan vir 45 minute en verwyder uit die oond. Maak ook soland vuur sodra die vleis in die oond gaan.

Puree die res van die bestanddele saam totdat die uie glad vertoon. Dreineer die hoender en giet die mengsel oor die hoender. Braai die hoender stukkkies vir 25 minute beide kante oor medium hitte kole en smeer die sous deurgans met ‘n kwassie oor.

Bron: Annelien Pienaar, 2018

Hoeveelheid: 8 porsies