Hierdie week is in ‘n kits woerts verby. Baie dinge wat oor mens se pad kom om jou fokus soms te wil verskuif en dalk mismoedig wil maak. Dan kyk mens op soos ‘n verlepte papawer en sien die helder son en glimlag…môre gaan dit weer beter. Na die ongeluk in die kombuis waar ek my vinger so sleg gesny het, het ek besef hoe bevoorreg my vriendinne en selfs my sussie is met ‘n skoonma of selfs ‘n tante wat kan help as daar krisisse is. Tussen myself en manlief is dit soms so ‘n gespook om by die kinders uit te kom dit is ‘n aardigheid. Ek het met Vaaltyn dag besluit elke liewe vriendin van my kry ‘n heerlike koekie gebak uit my kombuis met ‘n mooi “liefie-briefie” by om hulle te vertel…”Haai ek staan van buite en sien hoe spesiale mens jy is en dink jou lewe is ongelooflik. Leef voluit.” Ek hoop julle het ook al die liefde gevoel soos ek die resepte en foto’s gedeel het Woensdag. Daar is ‘n spesiale Sjokoladewerk klas  versoek gewees vir die 24ste Februarie, klik op die rooi deel om na die Event details te gaan. Nuwe klasse word volgende week gelaai. Daar is twee nuwe resepte hierdie week gelaai: Suurlemoen Vlatert en Beet Marmerkoek . Beide resepte is tegnies van aard en jy gaan sommer baie leer. Die Suurlemoen Vla  tert se meringue leer jou paar wonderlike lesse om die perfekte tert te maak wat nie platval, water druppels maak of daardie slymerige lagie wat vorm te voorkom tussen die lae. Die Beet Marmerkoek het ook sy eie soortige kinkel om ‘n spiraal ogie te vorm. Hoop julle gaan sommer heerlik bak en kuier in die kombuis.

Ja, met dit saam om huis en haard te laat klop, kom die verantwoordelikhede van die kombuis en my gesin se liggaamlike onderhoud. Ek is eerlik as ek sê ek leef uit my vrieskas uit. Die dae raak soms lank, ek gaan weg vir werk en dan moet daar ‘n gekookte ete gereed wees as die Filistyne tuis kom. Oor die jare heen het ek maar ‘n stelsel vir myself uitgewerk tussen die Drukkoker, Slowcooker en my Vriekas-kos. Die dae wat ek wil vars eet dan span ek die Slowcooker in…laai die kos net voordat ek ry vir die Filistyne en al die middag aktiwiteite. Met tuiskoms, is dit die heerlike geure van gaar kos wat ons begroet. Sakke word sommer so neer gegooi in die gang en die tafel word deur die manne holderste bolder gedek.

Sussie trek uit en help met haar eie manier van slaaitjie maak. Wat sy ookal kan vind in die yskas wat op haar oogvlak is kom in die slaai. Ons kry soms snaakse kombinasies van ‘n groen slaai, maar die boeties waag nie ‘n woord want hul weet hul kry volgende keer ‘n beurt met slaai maak. In my huis het elke kind van kleins ‘n stywe rotine gevolg en dit het outomaties by hulle dissipline gekweek, sonder ‘n geskree en raas word dinge gedoen. Soms raak die kinders nukkerig, maar dan weet mens ook daar is goedjies wat krap en praat oor dit wanneer hul so voel. Elke kind het dus in die Pienaar span ‘n funksie en sonder hul insette kan die wiel nie draai.

Nou kom ons by ‘n baie senitiewe kwessie: Kanker. Tans is ek besig met navorsing vir ‘n skripsie in Kanker-voedingstatus. Indien jy sou belangstel en deur kanker geraak is self of ‘n familielid versorg het…sal ek baie graag die volgende vrae wil vra en hoor wat jou mening en ondervinding was. Beantwoord asb die vrae onder aan hierdie artikel by “Comments” asb. So kan almal saam lees en ook makliker rekord hou van die inligting. Jy het nie nodig om elke liewe punt te beantwoord nie, maar dit sal my baie help om my navorsing en skripsie deeglik te kan uitwerk. Ek werk saam met twee Onkoloë en ons kyk na alternatiewe benaderings om julle liggame instand te hou voor, tydens en na behandeling.

1. Voor behandeling het jy enige aandag aan jou voedingstatus gegee?
2. Tydens behandeling:
a. Smake en teksture wat gepla het?
b. Hoe het jou eet rotine verander?
c. Maklik sekondêre infeksies opgedoen?
d. Was vaste kos of ‘n “liquid” diet vir jou makliker om te volg.
e. Porsie groottes, wat is vir jou ‘n haalbare porsie gewees om te eet.
f. Het jy cravings gehad?
g. Hoe was jou energie vlakke na behandeling en wanneer het dit weer begin optel?
h. Toe jy in remissie gegaan het, het jou eet patrone verander of dieselfde gebly.
3. Enige iets wat jy voel ek moet weet of dalk mee kan help om die voedingstatus en eet rotines van ‘n kanker pasient te verbeter?

Mag ieder en elk ‘n heerlike naweek geniet en baie, baie dankie vir al die kuiertjies op die Boerekos met ‘n Twist blad op Faceboek. Julle is algaar…bakgat Twisters!

BKT Klets-kombuis groete

Annelien Pienaar