Sjokolade demonstrasie

Loading Events
  • This event has passed.

Tydens die werkswinkel word daar ‘n demonstrasie gedoen rakende Sjokolade. Ons werk met Couverture sjokolade en jy word geleer hoe om sjokolade te temper vir die doel om gevulde sjokolade met ‘n ganache vulsel te maak. Ons kyk na lopende ganaches vir koek bedekking asook dik ganache soorte vir vulsels. Truffels word met ganache in die klas gewys en ook gedoop in getemperde sjokolade. Daar word ook aandag aan sjokolade krulle gegee en die waaghalsiges kan ook self inspring en help tydens die demonstrasie om ‘n gevoel te kry.

Besprekings vir klas

Koste R350 per kop en sluit ligte verversings, resepte en nota’s in. 

Tyd: 09h00 tot 12h00

Venue: Bos en Berg guestfarm. Sien Google Maps vir pin