Die aardse smaak en natuurlike soetheid van ‘n patat is maar net een unieke groente. Gebak dink ek is die Patat seker op sy lekkerste as die skilletjie af getrek word en botter oorgesmeer met dalk ‘n knippie bruinsuiker. Op ‘n keer het ek oorskiet gebakte patat gehad en besluit om dit bietjie op te kikker met wat ookal in die kas was. Die bak was gou-gou leeg met die Filistyne wat selfs met die vingers in die bak die laaste krummels op gepik het.
1 k pekans
1 k hawermout (oats)
½ k klapper
¼ k botter of bakkers margarien
½ k bruinsuiker
½ t Speculaas kruie
Voorverhit oond na 180 ℃ en smeer ‘n oondvaste bak wat ongeveer 1 kg patat kan neem.
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en maak fyn. Indien jy nie ‘n voedselverwerker het nie, kan jy ‘n gewone klitser ook gebruik.
Plaas mengsel eenkant.
Sous
1 k room
1 k ingedampte melk (res kan gevries word) (Ideal milk)
1 k bruinsuiker
1 kg gaar fyn patat (ek bak die patat en trek skille af)
Skep die patatskywe in die bak en sprinkel die bruinsuiker oor. Giet die ingedampte melk en room oor die patats.
Sprinkel dan eweredig die krummel laag oor en bak vir 30-45 minute tot bruin en sous dik.
Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 6 porsies