Hoender sosaties is een van my gunsteling happies om in die Filistyne se kosblikke te pak met ‘n sousie by. In die Boerekos met ‘n Twist kookboek is daar Ouma Hantie se Knoffelroomsous en op die webtuiste die Pindakaas sous. Marineer die hoender in ‘n eenvoudige yoghurt en olyf olie sous en die hoender is heerlik sappig. Daar ka nook stukkies groente tussen die vleis ingeryg word indien jy verkies om so ‘n “char grilled” smaak in die sosaties te kry. Geniet saam met Nasi Goreng
6 groot hoender borsies
6 lang sosatie stokkies vir 2 ure in yswater geweek
1 k gewone yogjurt of appelkoos yoghurt
¼ k olyfolie
¼ t matige kerrie poeier (sambal)
¼ t fyn knoffel
¼ t fyn gemmer
1 t fyn fenegriek (fenugreek by Natures Choice se rak produkte)
Sout en peper na smaak
Bedien met Pindakaas sous op die webtuiste
Sny die borsie in 8 stukkies en ryg op stokkies…moenie te styf ryg nie, want die marinade moet tussen die vleis kan in gaan.
Meng die res van die bestanddele saam en giet oor die sosaties.
Marineer in yskas vir 2 ure of langer. Ek vries die vleis ook so en haal uit en gebruik soos nodig. Sous resep verdubbel baie goed.
Braai die sosaties oor die kole of op ‘n riffel pan wat goed vooraf verhit is.
Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 6 porsies