Rys is seker een van die veelsydigste stysel soorte ter aarde. Onlangs met een van ons personeel van Malawië is gesêls oor rys. Hy het opgemerk dat die rys in Suid-Afrika nie kook soos die rys in Malawië nie en ons het omtrent oor hierdie onderwerp uit gewei. Hy het egter verwys na my buurvrou wat ‘n Hollander is en sy maak regtig heerlike aromatiese Indonesiese geregte. Paar keer haar weergawe van ‘n Rijs tafel beleef en net uit ‘n ander wêreld! Ek hou van die omelet stukkies oor die rys met die chillie stukkies (wat ek verminder in die resep en met soetrissie / greenpepper vervang)…verder is alles baie eenvoudig.
Wanneer ons rys kook is daar net eenvoudig soveel teorie oor hoe om dit te kook dat ek nie my kop breek oor die kook van gewone lang korrel rys nie. Ek het as student en ook kind aanhuis geleer om die rys eers goed te spoel (was proses) met koue water. Daarna die rys met net genoeg water dan stadig te kook en so twee keer tydens die kook proses met warm water te spoel om los vlokkies te kry en nie ‘n klewerige eindproduk. Ek gebruik vir elke koppie rys 3-4 koppies water om dit gaar te kook. 1 koppie rou rys kan 4-6 persone voed.
Stoom van rys is ook een van my gunsteling maniere om dit fluweel sag te kry.
4 k gaar basmati rys of enige lang rys sort
1 rooi ui fyn gekap
1 t knoffel fyn
1 toontjie gemmer wortel fyn gekap
1 e fyn dill tippies gedroog of tiemie
5 e olyfolie
1 t chillie vlokkies
2 eiers
Sout en peper na smaak
Voorverhit ‘n pan en klits eiers apart. Maak ‘n omelet maar moenie oorvou nie, los oop soos ‘n pannekoek. As dit gaar is plaas eenkant om af te koel.
Verhit pan weer en voeg olyfolie en ui by en braai liggies. Voeg knoffel by en al die ander geurmiddels by. Laaste haal van hitte en roer die rys by.
Sny omelet in langrepe en vou by die rys in.
Bedien rys met Pindakaas sous en Hoender Satay op die webtuiste.
Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveeleheid: 6 porsies