Vir diegene wat gluten allergies is, is hierdie resep perfek. Die resep is ontwikkel sodat bestanddele met mekaar vervang kan word sodoende die bestanddel bekostigbaar te maak. Lees asb die kommentaar tussen hakkies by die bestanddele lys. Metodes bly egter dieselfde. Hierdie resep sal perfek vir kleiner porsies werk of een groot tert maak.

Kors
½ aartappel gerapser ( ½ k ongeveer), gespoel en dan droog gedruk met lappie
½ k wit gouda kaas, yskoud en gerasper
¾ k koekmeel ( ¾ k glutenvrye meel, Natures choice)

Plaas al die bestanddele in mengbak en werk met vingerpunte deur. Druk dan in tertbak van ongeveer 25 cm deursnit en kante 7 cm hoog. Druk die mengesel tot teen die kante van die bak.

Vulsel
3 aartappels, 2 mm dun skyfies gesny en dan in 1 liter kookwater met 5ml sout, geweek tot nodig.
300 g wit gouda kaas, yskoud en gerasper
1 rooi ui, in 3mm dun skywe ringe gesny
3 roosmaryn takkies
3 e olyf olie
2 eiers
250 ml room
5 e koekmeel (5 e glutenvrye meel, Natures choice)
Groente sout op p.211 in die Boerekos met ‘n Twist kookboek

Voor verhit oond na 170 ℃. Dreineer die aartappel skywe en druk effens droog met lappie.

Pak eers ‘n dun lagie kaas op die bodem van die voorbereide tert bak. Pak dan ‘n lagie aartappel skywe en breek paar stingels se blare oor die aartappels. Pak weer kaas en herhaal dan met aartappel tot bestanddele klaar is.

Klits eier, room, meel saam en geur met groentesout en peper na smaak.

Plaas dan die uie ringe bo-op en bak vir 35-40 minute tot gaar en aartappel sag is.

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 6 porsies: 6 ekstra groot muffin pan happies of 1 groot tert.