’n Heerlike soet-en-suur vyeblatjang gemaak met vars of gevriesde vye, appels, rosyne en warm speserye. Perfek vir kaasborde, vleisgeregte en geskenke — hierdie grootmaat resep gebruik 2 kg vye en is ideaal vir bottel en bêre.
Bestanddele vir Vye en Port Blatjang
- 400 g bruin suiker of wit suiker (nie treacle suikers)
- 100 ml appelasyn of balsamiese asyn of helfte helfte
- 300 ml wit asyn
- 200 ml port of enige soet dessert wyn
- 2 kg vye (vars of gevries)
- 250 g appel, in blokkies gesny
- 250 g rooi uie, fyn gekap
- 300 g sultanas of dadels, grof gekap in voedsel verwerker of korente (hou heel)
- 1 ⅔ t sout
- ¼ t gemaalde gemmer
- ¼ t gemaalde naeltjies
- ¼ t gemaalde neutmuskaat
- ¼ t kaneel
Opsioneel: indien jy lus het vir ‘n brosheid in die Vye blatjang kan jy ook geroosterde pekans byvoeg van ongeveer 100 g en dit eers voor bediening byvoeg.
Metode vir Vye en Port Blatjang
- Week die rosyne vir 10 minute in ’n bak warm water en dreineer dan.
- Smelt die suiker saam met die asyn oor lae hitte in ’n groot 5 liter tot 10 liter kastrol.
- Voeg die vye, appel, ui, gedreineerde rosyne, sout en speserye (gemmer, naeltjies, neutmuskaat) by.
- Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte en prut vir ongeveer 1 uur oor lae hitte, roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie.
- Sodra die blatjang gereed is voeg die port by, roer deur en verwyder van hitte. Verkoel 5 min.
- Skep die blatjang terwyl dit nog warm in gesteriliseerde flesse, verseël en laat afkoel voordat dit gestoor word.
Opbrengs: ± 2,5–3 kg blatjang (ongeveer 8 x 375 ml flessies)
Voorbereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
Totale tyd: ± 1 uur 20 minute
Moeilikheidsgraad: Maklik
Bewaring: Tot 12 maande in ’n koel, donker plek indien verseël
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2026