’n Vinnige en maklike mikrogolf perskeblatjang gemaak met vars perskes, ui, rosyne en warm speserye. Perfek vir kaasborde, braaivleis en bottel vir later.

Geel perskes (ferm, soet, perfek vir blatjang)

1. Golden Glow / Golden Queen – Ferm, lig geel, soet en aromaties. Hou goed in kook en mikrogolf blatjang.
2. Elberta/Oom Sarel/Prof Neethling – Klassieke geel perske, sappig en vol geur, ideaal vir konfyt en blatjang.
3. Springcrest – Ferm, liggeel, soet. Goed vir mikrogolf of stoof blatjang.
4. Flavortop – Ferm, aromaties, hou vorm goed, gee ’n ligte geel kleur aan die blatjang.
5. Suncrest – Lig oranje-geel, aromaties, stewige tekstuur.

Rooi perskes (rooi-oranje vleis, aromaties, kan gehelp word met kleur)

1. Redhaven – Soet, aromaties, ferm genoeg vir chutney. Gee ’n lig-rooi kleur.
2. Summer Rich – Sappig, aromaties, hou vorm in stoof of mikrogolf blatjang.
3. Ruby Gold – Ferm, mooi rooi-geel vleis, ideaal vir kleurvariasie in blatjang.
4. Sunred – Ferm, geel-oranje vleis met ’n rooi skynsel, aromaties en vol smaak.

Bestanddele vir Mikrogolf Maklike Perske Blatjang

1 kg ryp perskes, geskil en in blokkies gesny
250 g wit of bruin suiker
50 ml appelasyn
200 wit asyn
1 groot ui, fyn gekap
150 g rosyne
1 t sout
1/4 t gemaalde gemmer
½ t gemaalde kaneel
¼ t gemaalde naeltjies
¼ t rooi peper vlokkies (opsioneel)

Instruksies vir Mikrogolf Maklike Perske Blatjang

1. Plaas al die bestanddele in ’n groot mikrogolf-veilige glasbak (minstens 3 liter, want die blatjang borrel op).
2. Mikrogolf op hoog vir 10 minute. Hou dop vir oorkook asb.
3. Roer goed deur.
4. Mikrogolf verder op medium-hoog vir 20–30 minute, roer elke 5–10 minute, totdat die blatjang verdik en stroperig is.
5. Laat effens afkoel vir 5 minute — dit sal nog dikker word soos dit staan.
6. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël.

Wenke

• As dit te dun is, mikrogolf nog 5 minute op ’n slag.
• Laat ’n bietjie ruimte in die bak om oorkook te voorkom.
• Heerlik saam met kaas, braaivleis of koue vleise.

Opbrengs: ± 1,2–1,5 liter
Voorbereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30–40 minute
Totale tyd: ± 55 minute
Moeilikheidsgraad: Maklik
Metode: Mikrogolf
Bewaring: Tot 12 maande indien verseël

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2026