Geroosterde witsuiker is amper soos die umami van soetheid—op ’n manier meer bevredigend, maar moeilik om te beskryf tensy jy dit self geproe het.

Daar is egter so ‘n klein venster van floppies maak en hier wil ek gou verduidelik wat geroosterde suiker is en waar die moontlike kopkrappers mag in kom.

Witsuiker word met hitte in die oond verander na ‘n ligte kleur van karamel maar dit moet versigtig gedoen word sodoende nie ‘n glasagtige gesmelte blok karamel te vorm.

Dit neem suiker ongeveer 30 minute by 170 C in ‘n pan met ‘n deursnit van 30 cm en ‘n laag suiker van ongeveer 5 cm dik te kleur. Die geheim is om elke 5 minute die suiker te roer. Hou ‘n lepel gewone wit suiker eenkant om elke keer wat jy roer te vergelyk teen die einde of die suiker se kleur verander het. Suiker word ook minder soet maar die karamel geur verhoog.

Laat die suiker goed afkoel en stoor dit in lugdigte houers soos normaal, merk dit deeglik sodat jy genoeg het vir koekies bak en nageregte. Onthou asb dat hierdie suiker soos normale suiker gebruik kan word, ja selfs koffie stroop.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2025