Tobasco sous is seker meeste van ons se gunsteling sous met ontbyt. Ek het ‘n vinniger weergawe van my normale gefermenteerde resep gemaak maar is nie naastenby so geurig soos die lang manier. Onthou dat Tobasco juis vir maande lank fermenteer word om die beste uit die Sriracha chillie te kry. Loer gerus na een van my Fermented Foods klasse om te leer hoe om dit op die tradisionele lang fermentasie te doen. Vir nou, is dit kortpad.

Bestanddele
450 g serrano- of jalapeño-rissies
1 knoffelhuisie
1 teelepel sout
1 eetlepel bruinsuiker
60 ml wit druiwe asyn of appel asyn of suurlemoensap
Opsioneel: ’n paar druppels groen Tabasco vir ekstra kleur of smaak

Metode
Maak eers die tabasco:
Spoel die rissies af en sny die stingelpunte af. Sny die rissies in skyfies – saad en al. Plaas dit in die bak van ’n voedselverwerker. Voeg die knoffel, sout en bruinsuiker by. Pureer die mengsel en skraap die kante af soos nodig totdat dit so fyn as moontlik is.

Let wel: Die damp kan baie sterk wees. Dra handskoene indien moontlik en moenie jou oë, neus of mond aanraak terwyl jy met warm rissies werk nie.

Voeg die asyn by die rissiemengsel en roer goed deur. Plaas die mengsel in ’n bak of glasfles met ’n deksel en verkoel vir 24–48 uur.

Syg die mengsel deur ’n fyn sif en druk met die agterkant van ’n lepel om soveel moontlik vloeistof uit te kry. Doen dit in sarsies — hoe meer jy druk, hoe meer sous kry jy. Jy behoort minstens 250 ml sous oor te hê.

Bêre die sous in ’n skoon bottel in die yskas. Dit behoort ’n paar maande te hou.

Skud die bottel voor gebruik, aangesien die inhoud sal afsak.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2001