‘n Heerlike kamp slaai wat tuis gemaak kan word en saam geneem word. Soms wissel ek die slaai af met stukkies fyn spek, biltong, kaings, ham blokkies, fyn hoender stukkies. Hier kan jy mal gaan…selfs stukkies kaas soos feta en cheddar. Rooibosbessies (Cranberries), stukkies appel of peer opgesny is ook n heerlike soet alternatief tot hierdie slaai afgerond met ‘n spinkel Pekans opgekap.
Slaai
1 kop (400g-500g) brokkoli
1 kop (400g-500g) blomkool
1 k (250 ml) ertjies bevrore, vinnig blansjeer om uit te pof
4 e ui, fyn gekap
1 k (250 ml) spek stukkies, uitgebraai
Blansjeer die brokkoli en blomkool saam in sterk sout water vir 8 minute, dreineer. Meng dan die ui en spek by.
Sous
2 k cross and blackwell mayonnaise (jy kan minder ook maak)
2 e wit suiker
1/2k-1 k plain joghurt of karringmelk
2 e goeie kwaliteit blatjang
Meng alles saam en pas sout en peper na smaak aan.
Giet oor die slaai bestanddele. Meng goed en stoor lugdig vir 7 dae in die yskas.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 1996
Hoeveelheid: 6 porsies