Pâte Sablée (soet, smelt-in-die-mond kors) soos my ma dit genoem het en dit is inderdaad ook so tov die teksture van hierdie wonderlike kors. Hierdie is ook ‘n resep van Franse Afkoms en skakel goed met sy pasmaats Pate Brisee en Pate Sucree wat ook op die webtuiste beskikbaar is.

5 Feite oor Pâte Sablée:

  • Betekenis: “Sanderige deeg” (van sable = sand).
  • Tekstuur: Baie bros, smelt-in-die-mond, amper soos ’n botterkoekie.
  • Samestelling: Hoë verhouding botter + suiker + eier. Die botter word in die meel “ingevryf” tot dit soos sand lyk voordat vloeistof bykom.
  • Gebruik: Fyngebak, vrugte- en roomterte waar ’n ryk, koekie-agtige kors verlang word.
  • Kenmerk: Die mees delikate van die drie – moeilik om mee te werk, maar ongelooflik lekker.

Bestanddele vir Pâte Sablée

  • 250 g koekmeel (gesif)
  • 125 g koue botter, in blokkies gesny
  • 100 g versiersuiker (fyn suiker kan ook werk, maar versiersuiker gee ’n gladder tekstuur)
  • 1 eier (of 2 eiergele vir ekstra rykheid)
  • 1 knippie sout
  • (opsioneel) ½ teelepel vanielje-ekstrak of lemoenskil vir geur

Metode vir Pâte Sablée

  • Sif die meel, sout en versiersuiker saam.
  • Vryf die koue botter in die meel met vingers of ’n deegmenger totdat dit soos fyn broodkrummels/sand lyk.
  • Maak ’n holte in die middel, voeg die eier en geurmiddels by. Meng liggies tot ’n sagte deeg vorm. Moenie oormeng nie – dit moet net bymekaar kom.
  • Vorm ’n skyf, draai toe in plastiek of bakpapier, en laat rus minstens 30 minute in die yskas.
  • Rol dun uit (3–4 mm) op ’n meelbestrooide oppervlak.
  • Bak blind in ’n tertpan by 180 °C, ongeveer 15 minute, dan nog 10 minute met vulsel of totdat goudbruin.

    Gebruike vir: vrugterte, sjokolade-terte, roomterte.