Kos met Nostalgie is wat vir my opkom met hierdie resep. My moederlief het altyd ‘n Gluten-vrye weergawe gedoen en dan ook die normale een. Ons sussie was ‘n Diabeet en het ook ‘n gluten sesitiwiteit gehad. Daarom kan julle met gemoedsrus hierdie volgende resep met ‘n Glutenvrye meel mengsel vervang. Hier is die skakel na https://annelienpienaar.co.za/glutenvrye-meel-maak-jou-eie/
Bestanddele vir Spinasie en Feta muffins
- 200 g vars spinasie, gekap, nie geblansjeer
- 200 g fetakaas, in blokkies gesny
- 280 g (2 k) koekmeel, gesif
- 10 ml bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- 2 groot eiers (large)
- 1/3 koppie sonneblom olie
- 250 g (1 k) melk
- ½ k gerasperde kaas van keuse
Metode vir Spinasie muffins
- Voorverhit oond na 180C en berei ‘n 12 gat muffin pan voor.
- Meng die spinasie en fetakaas.
- Sif saam: koekmeel, bakpoeier, sout. Voeg by die spinasie mengsel.
- Meng die eiers, olie en melk saam. Voeg dit om die beurt by die meel en spinasie mengsel en meng met ‘n houtlepel.
- NB: Die beslag moenie te veel gemeng word nie, as dit te glad gemeng word rys dit plat. Dus moet dit bonkig vertoon soos ‘n blomkool kop.
Skep in ‘n 12 gat muffin pan. Bak vir 25 minute by 180 °C.
3 Maklike Variasies:
- Mielie: ½ k mielie pitte
- Spek of ham of hoender: ½ k gaar stukkies fyn opgekap
- Broodjie vorm: bak in half loafie pannetjies niks groter of die brode breek as dit uitgekeer word.
- Klaar gebakte produk vries ook puik. Verhitting om vars te kry: van gevries, sonder om te ontdooi, 180 C airfryer of oond 5-10 min. Geld net vir muffin grootte, vir broodjies moet dit eers tot kamer temperatuur kom voordat dit verhit word om bros en vars te maak.
- Vrieskas lewe: 6 maande
Bron: Annelien Pienaar vir www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 12 muffins en 2 x half loafies