Luukse Neute Gesondheids beskuit is tans ’n groot treffer in die Pienaar huishouding. Ek het eers gedink die huismense van my gaan kerm oor die eksperiment want dit is nogal heel anders as wat hul aan gewoond is. Amper n kruising tussen ’n Meusli stafie en ’n Neute kraker.

Ons stel graag aan die publiek bekend Skeerpoort Produkte wat die breinkind is van ons oudste seun en sy vrou. ‘n Volledige reeks neute produkte in allerlei groottes vir jou gemak. Ons staan bankvas agter hulle nuwe besigheid en sien uit daarna om die produkte reeks verder te ontwikkel saam met hulle.

5 praktiese wenke om die resep aan te pas vir:

Ek wil net aandui dat die volgende afkortings agter elke Dieet uitsluiting in die resep die vervanging sal aandui.

  • DB: Diabete (verlaagde koolhidrate)
  • GF: Gluten Vry
  • LF: Laktose Vry
  • EV: Eier Vry

2 praktiese wenke om beskuit te bak:

  • Ons het oorspronklik geleer beskuit bak in brood pannetjies, daardie klein “half loafies” vir die piesangbrode. Brode is gebak en dan goed verkoel voordat dit gesny is. Die brode bak presies dieselfde tyd as plat groot panne soos in hierdie resep aangedui.
  • Jy kan ook die beskuit in hierdie pannetjies in bolletjies vorm ipv net broodjie vorm. Die bolletjies moet lank gerol word om soos ’n stafie in die pan te pas.

Bestanddele lys vir Luukse Neute Gesondheids beskuit

  • 500 g botter of 80%bakkersmargarien of (DB) vegan botter
  • 300 g treacle suiker of DB: erythritol in dieselfde hoeveelheid
  • 2 groot eiers of EV: 90 g of 6 e chickpea water (koop blikkies, daardie water is perfek en die ertjies maak hummus!)
  • 500 ml dubbel dik Griekse joghurt of LF: Laktose vrye joghurt van Buttanutt of DB: fat free joghurt
  • 250 ml room of LF: enige melk alternatief van jou keuse of klapper room of DB: vervang met nog fat free joghurt
  • 500 g koekmeel of GV: gluten vrye meel met 15 ml psyllium husk powder
  • 5 ml (1 t) kaneel fyn
  • 500 g bruin brood meel of GV: gluten vrye meel met 15 ml psyllium husk poeier (vesel maak ons later op in resep)
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 2.5 ml sout
  • 200 g ontbyt pap van keuse bv: all bran, ryspap vlokkies, jou eie Muesli wat jy maak met oats wat wel organies verbou is en gluten vry is.
  • 75 g (2 ½ k) semels of GV: oat bran
  • 300 g gemengde neute van keuse
  • 70 g fyn klapper
  • 200 g gemengde sade: pampoen saad, roulyn en sonneblom (gesondheidswinkels verkoop die mengsel)
  • optional: 200 g cranberries of ‘n mengsel tussen cranberries en goji bessies…ongelooflik gesond.

    Metode vir Luukse Neute Gesondheids beskuit

  • As ‘n bederf hier is ‘n kort video oor hoe mens beskuit bak vir die nuwelinge, ek het vir LaGermania oonde hierdie video gedoen en so deel jul nou ook in die kennis: Beskuit bak video
  • In ’n kastrol smelt saam sonder om te kook die botter wat jy sommer vinnig kleiner sny vooraf, voeg die suiker by en roer tot alles eenvormig is.
  • Moenie kommer oor suiker wat nie smelt. Die geheim is die botter met gesmelt wees. Hou dit eenkant om af te koel.
  • Meng die eiers, joghurt en room saam, hou eenkant.
  • Meng al die droe bestanddele saam.
  • Maak ’n holte in die deeg en voeg die gesmelte botter en suiker daarin en giet dan die eier mengsel by. Roer eers die vloeistowwe saam en begin dan die droe bestanddele van die kant af intrek.
  • Moenie die deeg knie soos brood, liggies bymekaar kry. Daar kan nog droe dele wys as dit in die pan gedruk word, dit sal wel later goed meng.
  • Druk die deeg in die panne. Vir brood panne vul tot twee vingers van die rand. Sny plat panne in vungers maar nie vir brode nie.
  • Bak vir 45-55 minute by 170 C. Haal panne uit oond, verkoel in panne, keer uit, sny en droog by 90-100C vir 5 ure. Dehydrator 70 C 12 ure.Bron: Annelien Pienaar vir www.annelienpienaar.co.za 2025
    Hoeveelheid: 1.5 kg-2 kg se beskuit ongeveer