Hierdie eenvoudige resep vir selfgemaakte Karamel Toffie sous gebruik net vyf bestanddele en is perfek vir nageregte, roomys of pannekoeke, Franse roosterbrood. Leer hoe om karamel te maak sonder om dit te flop, met wenke vir sukses.
Wenke om te keer dat die karamel flop:
Gebruik ’n swaarboomkastrol – dit versprei hitte eweredig en verhoed dat die suiker brand.
Roer voortdurend – veral wanneer die suiker smelt. ’n Oomblik van afleiding kan brand veroorsaak.
Moenie die room te vinnig byvoeg nie – dit kan laat die mengsel skei. Klits stadig in ‘n dun straaltjie totdat al die room ingewerk is.
Moenie die hitte te hoog stel nie – hoë hitte kan veroorsaak dat die suiker kristalliseer of verbrand.
Indien jy wil stoor: bêre in ’n glas fles in die yskas vir 6 maande en verhit liggies voor gebruik om dit weer gietbaar te maak.
Wenk: Romerige Karamel Toffie Verserisel: Verkoel hierdie Karamel Toffie sous baie goed tot geset en yskoud. Klits mooi lig en romerig vir vulsels vir koeke, kolwyntjies en alles wat lekker is, dink Franse roosterbrood!
Bestanddele vir Karamel Toffie Sous
- 230 g (1 k) botter
- 400 g (2 k) treacle suiker, nat tipe bruin suikers sal ook werk.
- ¾ koppie room
- 1 teelepel vanielje-ekstrak
Metode vir Karamel Toffie Sous
- Smelt die botter en bruinsuiker saam in ’n swaarboomkastrol oor medium hitte. Roer aanhoudend om te keer dat die suiker aan die bodem brand.
- Wanneer die botter en suiker heeltemal gesmelt het, klits die room by totdat die mengsel glad is.
- Laat die mengsel vir 2 tot 3 minute oor medium hitte prut – moenie kook nie. Hou aan roer om egalige verhitting te verseker.
- Verwyder van die hitte en roer versigtig die vanielje by (dit sal opborrel). Voeg ook ’n knippie sout by indien verkies (dit sal ook effens borrel).
- Laat die sous afkoel tot kamertemperatuur. Die karamel sal verdik soos dit afkoel.Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 1996
Hoeveelheid: 500 ml ongeveer