6 redes hoekom jy hierdie Malvalekker- & Neute blokkies: Fop Nougat, resep moet maak:
- Geen bakwerk nodig – net smelt, meng en druk vas!
- Gereed binne minute.
- Vol geur met ‘n heerlike tekstuur.
- Pas dit aan met jou gunsteling neute en vrugte.
- Maak dit vandag en geniet elke smelt-in-die-mond happie!
- Mikrogolf maklik!
Wenk vir Malvalekker- & Neute blokkies: Fop Nougat:
- hou neute liggies warm in oond by 100 C vir 5 min terwyl die malvalekkers smelt. So kan jy bietjie speel met die mengsel voordat dit dalk te vinnig set, veral in koeler klimaat.
Bestanddele vir Malvalekker- & Neute blokkies: Fop Nougat
- 80 g gedroogde vrugte en selfs glans vrugte soos kersies
- 330 g malvalekkers in stukkies gesny of mini malva lekkers
- 80 g botter
- 120 g melkpoeier (20 g melk poeier kan met ‘n gekleurde poeier soos koffie, kakao, matcha, beet ens vervang word vir kleur)
- 30 g kasjoeneute
- 30 amandels
- 30 g pistasieneute
- 20 g rosyne
- 240 g koekies soet (tennis, gemmer, marie-koekies) of sout soos salti cracks ens.
Vir sprinkel: kakao, matcha poeier, bessie poeier, beet of wortel poeier
Instruksies vir Malvalekker- & Neute blokkies: Fop Nougat
- Berei ‘n bakplaat van ongeveer ‘n A5 grootte met bakkers papier uit. Hou eenkant.
- Berei al die gedroogde vrugte voor en sit eenkant.
- Voeg die botter in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte totdat dit heeltemal gesmelt is. Jy kan ook stadig en versigtig met mikrogolf oond smelt maar stop en roer elke 30 sekondes. Dus is dit Mikrogolf vriendelik.
- Voeg die malvalekkers by en bly dit druk en roer.
- Maak seker dat jy ‘n kleefvrye pan gebruik, anders kan die suiker maklik aan die pan vassit en misluk.
- Roer oor lae hitte totdat die malvalekkers heeltemal gesmelt is en ‘n gladde mengsel vorm. Gooi die melkpoeier in en roer vinnig goed deur.
- Gooi dadelik die gedroogde vrugte, neute en beskuitjies by. Roer op en af met ‘n spatel en meng vinnig.
- Trek handskoene aan en gooi die mengsel in ‘n kleefvrye bakplaat, druk dit goed vas. Vorm dit in ‘n vierkant met ‘n skraper. Sodra dit effens afgekoel het, sif die melkpoeier en matcha-poeier saam en sif dit oor die oppervlak.
- Sny dit dan in die grootte wat jy verkies.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023
Hoeveelheid: A5 grootte pannetjie en sny blokkies na gelang van jou keuse