Die wonder van Vegetariese diete is hierdie heerlike Falafals! Die geheim is die week van die Keker-ertjies in koeksoda water om die vliesies sag te maak. Dan is daar ook ‘n rits kruie en speserye wat gebruik word en jy kan met gemoedsrus sommiges uit laat soos koljander blare as jy nie daarvan hou. MAAR maak asb eers hierdie resep voordat jy dit wil verander. Die totale smaak profiel is regtig perfek gekombineer en nie een bestanddeel is oordonderend tot die ander. Geniet hierdie resep sommer baie.
Ek bedien dit met ‘n roti en dan ‘n lekker tamatie sambal en ‘n tahini dip.
2 k keker ertjies (chic peas) gedroog
½ t koeksoda
Week die keker-ertjies in diep water ongeveer dubbel so vol as wat die bone diep is. Dit is krities dat hierdie weking perfek gedoen moet word, anders gaan die Falafals uit mekaar “fala…fal!” Nee geblikte sagte keker-ertjies kan NIE gebruik word. Ek kry hierdie vraag nogal baie.
Dreineer en spoel goed af na 24 uur.
1/2 t bakpoeier
1 k vars pietersielie blare
¾ k koljander blare (cilantro), koljander blare kan sterk wees en is opsioneel
½ k vars dille, die ragfyn tippies nie die dik stingels
½ k wit ui, fyn op gekap
1 t knoffel, fyn en vars gemaal
Sout na smaak
1 e swart peper, fyn gemaal
1 e komyn, fyn gemaal
1 t koljander, fyn gemaal
1 t rooi peper
3 e sesam sade gerooster
3 e suurlemoensap
1 t suurlemoenskil, fyn gerasper
Genoeg olie vir diep olie braai en ook n wok om minder olie te gebruik.
Puree die dreineerde keker-ertjies met al die bestanddele tot ‘n fyn maar identifiseerbare tekstuur. Vorm dan balletjies of patties van ongeveer 50-100 ml groottes.
Verkoel oornag of langer as ‘n uur.
Maak seker die olie is 180 C. Braai net 5 balletjies op ‘n keer. Te veel balletjies sal die olie koud maak en dan suig die balletjies olie. Jy kan die patties in vlakvet braai.
Bedien warm of koud.
Tahini sous
1 t knoffel, fyn gedruk
Knippie sout of meer na smaak
¾ k tahini paste
¼ k vars suurlemoensap
¼ k klapper room of -water of gewone kraan water (Klapper room is net meer romerig)
1 k pietersielie, fyn gesnipper
Plaas al die bestaddele in ‘n voedselverwerker en meng tot glad.
Hou in yskas vir ongeveer 14 dae.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar Hospitality Studies, NQF level 5, 2003
Hoeveelheid: 4-6 porsies