Die koek is klam en gevul met geur. Dus, as jy haastig is hier is ‘n lekker een om te maak sonder probleme. Die resep is op 100% krag gebak teen die gegewe tyd. Lekker bak! Bestel ook heerlike plaas vars Pekans direk by die boer: https://skeerpoort.co.za/
Nota: ‘n 900 watt mikrogolf is vir die toets van die resep gebruik.
Wenk: Indien daar diabete in jou familie is en hul het lus vir so ‘n stukkie hier is ‘n veilige resep met nutriente tellers by!
Diabetiese vrugtekoek resep
Resep
250 g Dadels – gekap
10 ml Vanilla geursel
350 g Kersies – in helfte gesny (jy kan minder maak)
5 ml Koeksoda
1 kg Vrugtekoekmengsel
280 g Koekmeel – gesif
4 e kakao poeier
5 ml Bakpoeier
250 g Sagte bruinsuiker (Treacle sugar)
3 ml All spice
130 g Botter of bakmargarien
5 ml Gemmer – fyn
250 ml Water
1 ml Sout
2 Eiers – geklits
50 ml Brandewyn of sjerrie
100 g pekans – grof gekap
200 ml Old brown sherry of enige dessert soet wyn vir die voer van die koek ‘n paar dae later.
Metode
1. Kook saam in ‘n pot met ‘n groot oppervlakte vir 5 minute: Gesnyde dadels, gehalveerde kersies, koekmengsel, kleursel, suiker, margarine, water, vanilla, neute en brandewyn.
Wenk: ek laat weet my vrugte vir 48 uur voordat ek dit verder gebruik. So skakel jy die rypword tyd uit en binne 7 dae geniet jy heerlike Vrugtekoek!
2. Haal van stoof af en voeg koeksoda by.
3. Laat afkoel. Voeg droë bestanddele om die beurt met die eiers by. Meng goed met ‘n houtlepel.
4. Gooi in ‘n mikrogolfbak, verkieslik glas, wat uitgevoer is met waspapier. Maak toe met glad wrap – moenie prik nie. Bak vir 16 minute op medium hoog.
5. Laat staan 10 minute binne in die mikrogolfoond sonder om die deur oop te maak. Haal uit mikrogolf en gooi 100 ml brandewyn oor. Laat heeltemal koud word en bêre in foelie.
Airfyer: 160 C for 1 1/2 hours
Oven baking: 170 C for 1 1/2 hours
6. Sprinkel af en toe net ‘n bietjie brandewyn oor. Draai elke keer die koek om sodat beide kante besprinkel word.
7. Na 4 dae kan die koek met die Sherry besprinkel word en finaal verpak en gevries word.
Hoeveelheid: 1 – 2 koeke afhangende van die grootte wat jy verkies.
Bron: www.annelienpienaar.co.za, deur Annelien Pienaar 2015
Annelien daardie nr 1 : jy noem dat jy die vrugte week vir 48 uur. Is dit alles wat by nr 1 genoem word wat net so geweek word? Moet mens dit dan weer verhit voordat die koeksoda bygevoeg word? Baie dankie
Nee die hitte proses gebeur net een maal en dan kan al die bestanddele bygevoeg word die volgende dag of na 48 uur.
As die beslag in 2 panne gedeel word, is die baktyd steeds 16min op Mediumhoog per pan of moet die baktyd verminder word?
Heloise, die beslag sal ongeveer 8-10 min bak.
Annelien hoeveel Watt is jou mikrogolfoond wat jy met die resep gebruik?
Hanli 850 watt. Groete Annelien
Sal daar ‘n verskil in baktyd wees tussen ‘n ronde en vierkantige bak? En watter grootte bak, asb? Baie dankie 😊
Marianette, redeneer eerder soos volg. Die liters vs die vorm. Groete Annelien