Deur die eeue heen is hierdie tegniek van leer behandeling toegepas in my familie en tot vandag het ek leer tasse en jasse van my voorouers wat gebruik word.

Dit is egter baie belangrik om leer produkte met nat ongeseepte lappie af te vee en los die produk om dan goed droog te word. Daarna kan die was aangewend word. Seep kan leer uitdroog en bros maak.

Omdat ons met natuurlike produkte werk is dit nodig om te weet HOE hierdie olies (bye was en kasterolie) met temperatuur veranderinge reageer.  Vir somer maande gebruik jy die resep se hoeveelheid kasterolie soos aangedui, maar in die winter verhoog jy dit sodat dit meer smeerbaar kan wees. WAt wonderlik van hierdie preperaat is, dit word nie taai of pak aan nie. Die was en olie trek diep in die leer in sodat dit gevoed bly vir maande. Dit sal ook nie stiksels oplos soos ander was of olies doen, omdat dit van ‘n natuurlike bron is. Ek oes elke jaar heuning op die plaas en gebruik dus die rou bye was en ek hou ook van die soet reuk daarvan eie aan byewas. Jy kan egter by enige apteek of selfs deur aanlyn winkels byewas pellets bestel.

60 g bye was gerasper of in pellets
180 g tot 220 g kasterolie

Ek smelt die byewas en kaster olie saam in die mikrogolf, hierdie mengsel mag NOOIT ooit kook, dit sal die mengsel super taai maak om aan te wend. Sodra alles gesmelt is, kan jy dit in ‘n wye bek houertjie, glas of metaal giet en laat afkoel. Stoor lugdig en wend aan soos nodig.

Ek vind dat ek net vinnig na die tyd met ‘n lappie oor die oppervlaktes wat behandel is vryf en dan blink dit weer. Soms is dit nie nodig, dit hang af hoe oud en versorg die produk is.

Hierdie resep is vir ‘n klein hoeveelheid was, maar kan vermeerder word. Sou jy wou geure in die olies in werk vir persoonlike items soos ‘n bad sakkie van leer, kan essensiele olies wel gebruik word, maar niks anders.

Hou vir jare!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024

Hoeveelheid: ongeveer 250 ml produk