‘n Heerlike vullende broodjie gepak met vesel vir goeie derm gesondheid.

Ek gaan bietjie tyd neem en elke bestanddeel motiveer en ook dan voorstelle maak tov uitruil van sekere bestanddele sou daar enige dieet beperkings wees soos laktose, gluten, eier ens.

Ek heg ook skakels aan sodat jy verder kan lees oor uitruilings en vervangers hiernaas:
1. Melk alternatiew, maak jouself
2. Eier alternatiewe

Nota: hierdie resep werk goed met vermeerdering: x2 en x 4. Nota, bak asb. in klein brood pannetjies soos vir piesang broodjies asb, die groter panne is geneig om die broodjie te laat knak en breek in die middel. Maak asb. seker die broodjie het goed afgekoel voordat jy dit sny, die broodjie is nogal bros. Ek draai gewoonlik die broodjie toe in bakkers papier en laat so afkoel en sny eers die volgende dag. Raklewe is so 7 dae.

280 g volkoring meel of bruin brood meel of n kombinasie daarvan
80 g hawermout (koop gluten vry gemerk asb.)
50 g neute meel van keuse (kan met hummus vervang word vir allergie)
75 g gemengde sade soos: sonneblom, pampoen, chia, flax, sesam, rooibos bessies
5 ml koeksoda
15 ml heuning of enige toelaatbare versoeter van keuse
Knippie kaneel
½ t sout
1 eier
500 ml karringmelk/roomkaas of maaskaas of klapper room of melk alternatief van keuse

Meng al die droë bestanddele saam en maak ‘n holte in die middel.

Meng die vloeistowwe saam en voeg by die droë besanddele en werk goed deur om ‘n stewige deeg te vorm en skep in gesmeerde panne.

Sprinkel met ekstra sade en bak by 160 C vir 60 minute.

Verkoel asb. voor sny.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 1 half loaf.