Rooibos tee is die perfekte basis om hierdie gesonde Chai tee te berei en hoekom dan nie sommer ‘n bêre mengsel daarvan maak nie? Soms moet mens maar net bietjie uit die “boks” dink en begin speel met geure om by die perfekte Chai latte tee resep uit te kom. Carmien, het ‘n kits rooibos tee wat jy sommer aanlyn kan bestel as jy dit nie in die winkelrakke vind. Dit is regtig ‘n heerlike opsie. Indien jy oorsee woon kan jy ook swart ceylon tee oorweeg in sy kits vorm. Ek het aanlyn by Take a Lot online Kits Swart tee bestel en smake getoets. Ek het deur al die soorte kits tee’s gewerk en die Carmien kits rooibos het loshande gewen met die kombinasie met my Chai tee spices. Rooibos is immers gesonder! Onthou die Rooibos is OPSIONEEL.

NB: Lees asb die nuttige inligting voordat jy wegspring want ek wil tog die gesonder opsies met julle bespreek vir laktose allergiee asook diabeet vriendelike opsies. Ek gee die basis mengsel vir julle soos hier onder gesien maar ek gaan ook vir julle die melk alternatiewe noem.

Laktose vrye opsie: Vervang melk poeier met rysmelk poeier in presies dieselfde hoeveelheid.

Verromer: kan uitgelaat word en met dieselfde hoeveelheid met poeiermelk/rysmelkpoeier vervang word.

Diabete: melk is tog ook ʼn bron van laktose (melksuiker) en ook rysmelkpoeier bron van maltose (moutsuikers). Daarom moet jy in moderasie vir diabete die drankie gee. MAAR jy kan wel die suiker uit hierdie resep laat en dan net alternatiewe versoeters gee as die drankie gemaak is en versoet dan na smaak.

300 g melk poeier, lae vet (Nespray)
100 g – 200 g verromer (Ellis Brown werk tans die beste
200 g- 400 g strooisuiker
1 t karamel geursel
150 g Carmien instant rooibos tee 
3 e – 5 e nagelang van hoe sterk jy hou van die speserye  chai tee spice

 

Neem die karamel geursel en meng dit met die rooibos tee. Sprei die mengsel oop op ‘n bakplaat en laat om droog te word vir ‘n uur.
Meng al die bestanddele saam en stoor in ʼn lugdigte houer.

Neem 2 eetlepels van die mengsel per 250 ml kookwater roer goed deur en geniet!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2022-06-07
Hoeveelheid: 500 g – 700 g afhangend van bestanddeel keuse.