Heerlik, gesond en vullend is hierdie stafie vir die kosblikke, vir sport mense en ook besige mense! Gaan jy op toer, wel vul jou honger aan met so n blokkie.

Hierdie resep is glutenvry en graag wil ek uit wys dat Oats/Hawermout in sy puristiese vorm wel gluten vry is. Die proteine Gliadien en Glutenien kom dus nie in Hawermout voor nie. Maar ongelukkig kan hierdie produk met spore van Gliadien en Glutenien kontamineer word weens die meulens wat koring verwerk. Gliadien en Glutenien is die twee proteine gevind in koring en sodra die gemaal word en die meel water kry, vorm dit die Gluten raamwerk en verleen dus die elastiese eienskappe. Daarom is dit dus veilig om te aanvaar dat Oats/Hawermout glutenvry is. Ek skaf by gesondheidswinkels my oats aan want hulle sit n stempel op dat die produk wel gluten vry is.

250g (2 ½ k) gerolde hawermout (oats) in voedsel verwerker in ‘n meel fyn gekap.
40 g (1 skeppie ongeveer) enige geur protein/wei poeier, die kleure van die poeiers kan ook verskil, dus mag dit ook van die foto van my verskil.
150 g (10 ongeveer) medjool dadels, hulle is vleisig, en lekker klam vir die bind van die happie en verleen ook wonderlike vesel en versoet die happies op ‘n natuurlike manier.
¼ k heuning, dadel stroop, agave of maple stroop kan gebruik word. Opsioneel
1 t geursel van keuse
Knippie sout
¼ k melk alternatief van keuse of vervang met ¾ k neute botter vir romeriger blokkie of beide
1/4 k pekans , grof gekap (hou eenkant)
400 g gesmelte donker sjokolade vir die doop van die vingers

Opsioneel: 40 g kakao (1/2 k ongeveer) om dieper kleur en smaak van sjokolade te kry.

Plaas al die bestanddele, (behalwe pekans) in ‘n voedsel verwerker en meng saam totdat dit aan mekaar wil klou. Indien die mengsel droog bly kan 1 e melk alternatief by gevoeg word en herhaal sou dit nodig wees.

Druk die mengsel in ‘n voorbereide pan (20 cm x 20 cm) en uit gevoer met kleef plastiek of bakkerspapier en verkoel in yskas vir ‘n uur. Smeer gesmelte sjokolade oor en laat 5 min staan en maak snytjies met ‘n warm dun lem mes en laat dan verder stol.

OF

Rol in balletjies en rol dadelik in gekapte neute. Verkoel vir 6 ure in lugdigte houer en doop in gesmelte sjokolade. Nie net gesond maar mooi ook vir spesiale geleenthede. Indien jy nie van die sjokolade doop opsie hou, werk die neute in by die mengsel en bedek met kakao of selfs fyn klapper.

Stoor lugdig in yskas vir 6 maande.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023
Hoeveelheid: 20-30 blokkies