Ek het maar nou vir eens ‘n soet tand en as mens jouself op die pad van ‘n nuwe leefstyl plaas kom die versoeking vir ‘n soet happie gereeld in. Donker sjokolade is veilig vir ‘n Keto en Low darb dieet en sus so effe die versoeking om weer na koolhidrate te gryp. Onthou altyd dat wanneer jy cravings begin kry, dit ‘n teken van twee goed is: jy is dors en moet genoeg vloeistof neem om nie te dehidreer en die tweede is jou bloedsuiker vlakke is besig om te val. Spasieer jou etes dus versigtig. Hierdie happie se energie waarde is hoog en kan ‘n maaltyd vervang en sal vullend wees en genoeg energie kan gee om jou te hou tot die volgende ete.

150 g (1 ½ k) pekans
50 g sesam sade
30 g flax sade
2 e psyllium husks
50 g klapper
2 e kakao
50 g 80 % donker sjokolade (opsioneel)
6 e klapper olie
5 e sesame paste (maak eie puree van sesam sade met blender stokkie)
1 t vanielje geursel
1 t kaneel
1 tot 5 druppels stevia
Knippie sout
2 ekstra groot eiers

Voor verhit oond na 180 C en smeer ʼn A 4 grootte glas bak met klapper olie of kleef werende sproei.

Meng al die bestanddele saam en druk in die bak. Sny vooraf in blokke.

Bak vir 20 minute tot bros en sodra dit uit die oond kom, sny vinnig op die eerste snitte. Laat goed afkoel.

Stoor lugdig en nie nodig vir yskas storing.

Bron: www.annelienpienaar.co.za Keto/Low carb kook klasse 2020
Hoeveelheid: 24 blokkies waarvan 1 blokkie se energie waarde: 790 kJ of 189 Kcal uit werk.