Hollandaise sous is vir menige tuiskok soms ’n tranetrekker, maar as jy die beginsels reg toepas sal jy gou-gou agter die kap van die byl kom vir hierdie Maklike Hollandaise sous.

Top tip wenke

  • Ek was bevoorreg om n baie wyse dosent jare gelede in Voedsel bereiding te ontmoet en hy het vir my die tegniek verduidelik om kortpad te neem met die sous ipv die dubbelkoker sisteem wat heel moontlik die eier kan laat skif. Basies word die botter warm gemaak en dan by die koue eier geklits ipv eier verhit en dit is juis daar waar die probleme ontstaan. Al wat jy nodig het is ‘n staafmenger stok soos ‘n Bamix.
  • ‘n Hollandaise sous is basies ‘n warm soort mayonnaise in kort, al wat verskil een word met olie gemaak en die ander met botter.

Bedien saam met eier geregte vir ontbyt, aspersies is heerlik met hierdie sousie en sommer net so as doopsousie vir aartappel wiggies, groente, vis, hoender en vele meer.. Die suur in die sous is absoluut verslawend. Geniet!120 g botter

Bestanddele vir Maklike Hollandaise sous

  • 2 groot eiergele (hou by voorgeskrewe grootte) vries die eierwitte vir latere gebruik in gebak soos meringues.
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap
  • 5 ml (1 t) water
  • 1/2 t gladde dijon mosterd wat as emulsifiseerder dien (die mengsel sal nie skei)
  • Sout en peper na smaak.

Metode vir Maklike Hollandaise sous

  • Plaas al die bestanddele in ‘n staafmenger se bakkie of beker. Smelt dan die botter en bring tot onder kookpunt.
  • Staafmeng die bestanddele alles saam vir 1 minuut op hoog.
  • Vir Bamix gebruikers gebruik die A-blade (ronde soliede skyfie).
  • Daarna giet met ‘n dun straaltjie die warm botter by totdat al die botter in gewerk is en die mengsel glad en eenvormig is.
  • Bedien dadelik.

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 4 porsies