Hierdie resep is plant gebasseer en tot voordeel vir diegene wat Diabeties is, dieet allergieë.

Skakel na: Vegan koek: gluten-, laktose-, eiervry

1 k fyn, gaar patat
½ k neute botter van keuse
¾ k dadels ontpit en geweek in kook water, dreineer en druk al die water uit, kap grof op.
¼ k plant gebasseerde melk (almond-, oat-, rice milk)
½ k kakao poeier
1/8 ste van ‘n teelepel of minder xanthan gum
1 t vanielje geursel

Kook patat in skil tot sag, skil en hou eenkant om af te koel saam met die dadels.

Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en maak ‘n puree van die massa.

Bewaar vir 10 dae in die yskas.

Nutritable: per 1 g bediening: 75 kJ, 9 g carbs, 2 g protein, 4 g fat, 2 g fiber, 5 g sugar

Bron: www.annelienpienaar.co.za, deur Annelien Pienaar 2003
Hoeveelheid: 350 ml