Hierdie is ‘n heerlike manier om vinnig romerige karamel kondensmelk te maak sonder om die hele dag te moet kook. Die wonderlike ding van hierdie resep is die feit dat dit geklits kan word tot ‘n baie ligte konsistensie vir ‘n mousse effek. Die geheim is egter om die afkoel tyd baie fyn dop te hou sodoende te verseker dat die mengsel nie te dik word. Hou altyd ‘n ekstra glasbak of metaal bak in die vrieskas om die afkoel proses so bietjie aan te jaag as jy haastig is. Hierdie resep werk heerlik as vulsel asook versiersel.

Moenie lang lewe room vir hierdie resep gebruik nie! Gebruik room wat jy by die vars melk afdeling vind.

200 g vars room (indien jy dubbel dik room of heavy cream vind, dit is nog beter)
20 g glukose stroop

Verhit die room en glukose stroop tot onder kookpunt. Verwyder van hitte en hou eenkant.

125 g (1 ¼ k) witsuiker

Plaas die helfte van die witsuiker in ‘n kleef vrye pannetjie en smelt dit oor matige hitte sonder om te roer, skud net die pan van tyd tot tyd, jy sal merk die suiker sal vanaf die kante eerste begin smelt. Sprinkel dan die res van die suiker oor en hou aan die pan kantel totdat die suiker in stroop verander het. Sodra daar meer stroop vorm as suiker, kan jy met die agterkant van ‘n sosatie stokkie stadig geroer word. Onthou asb, sit jou lugsorg af. Jy gaan baie sukkel met suiker kook tov die koue. Sodra die suiker alles gesmelt het en eenvormig is.

Giet dan so n klein bietjie van die room by die karamel suiker mengsel. Die mengsel gaan woes op kook, maak dus seker jy werk in n diep kastrolletjie of pan. Sodra dit ophou borrel voeg dan weer so bietjie van die room by en hou so aan totdat al die room in gemeng is. Kook dan sodat die karamel kan oplos…roer terwyl jy dit doen. Voeg dan laaste

50 g botter by en roer goed deur. Koel af tot dik by kamertemperatuur. Verkoel vir 20 min ek klits tot lig en donsig.

Lewer 250 ml ongeveer
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, as deel van my Koekversiersel en vulsel klas. Sien klasse! 2023