n Eenvoudige kombinasie van drie bestanddele sal vir jou die perfekte goue drup gee. My voorstel is om die dikte van die drup met vodka aan te vul. Ek begin met 15 ml per meng en besluit soos ek die lepel optel of dit vir my mooi sal vloei. Ek koop in grootmaat Goue poeier aan.
Hierdie resep is genoeg om 1 x 20-25 cm koek se drup te doen sonder om te mors.
60 g versiersuiker
5 e gold dust of enige ander metaal kleur
15 ml vodka
Meng alles saam en giet dadelik oor reeds versierde koek.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar vir gevorderde koekbakkery 2003
Lieflik. Baie dankie Annelien!
Dankie Annelien gaan dit defnitief probeer
Doreen, Groot plesier. Groete Annelien