Diabetiese gemmerkoekies. Die resep het ‘n wyle geneem om te ontwikkel want die koolhidrate tellers wou nie lekker saamwerk vir ‘n veilige koekie. Onthou groot asb met diabete dat koekmeel of alternatiewe meelsoorte steeds hoog in koolhidrate is en daarom moet porsie kontrole toegepas word.

Hierdie resep kan ook getwist word vir Eier- en Gluten allergië. Lees asb die volgende twee artikels op my webtuiste om te weet hoe om eier en of gluten te vervang. Dus is hierdie resep min of meer ‘n alles in een resep vir ‘n verskeidenheid van dieet probleme.

280 g koekmeel
1 t kaneel poeier
2 t gemmer poeier
1 t koeksoda
¾ k botter plus 1 e (moet sag wees en jou vinger dwars deur kan druk)
1 k erythritol
1 groot eier
¼ k strap molasse (Dischem en ander winkels hou aan)
Knippie sout

Voorverhit oond na 180C. Berei twee bakplate voor met BKT se Teflon matjies of smeer met BKT se pansmeer in die BKT kookboek.

Sif koekmeel, kaneel, gemmer en koeksoda saam. Hou die bak eers eenkant.

Room die botter met die erythritol vir 5 minute tot lig en romerig. Sodra verroom voeg die molasse en eier by en klits weer tot lig en romerig.

Voeg die meel by en meng dan per hand baie vinnig totdat daar ‘n stywe deeg vorm. Vorm dadelik 20 tot 30 ml balletjies, druk In bietjie van die erythritol en plaas dan die ballletjies met die suiker kant na bo op die bakplaat. Neem jou duim en druk die bolletjies net EFFENS plat, die koekies sal wel self versprei. Plaas die koekies vir 30 minute in die yskas of 10 minute vrieskas.

Bak die koekies vir 12-15 minute todat dit gaar en lig bruin is by 180C.

Variasies:
a. Chock chip: diabetiese sjokolade kan in die deeg gevoeg word, maar onthou dan om die nutri table self aan te pas met die inligting op die verpakking.
b. Karamel koekie: deur die gemmer en kaneel uit te laat en dan net karamel geursel (5ml) by te voeg. Hierdie basis koekie deeg resep werk baie goed om te Twist na gelang van jou eie smaak.
c. Koffiekoekie: 5 ml fyn koffie poeier met 10 ml kookwater aangemaak en by beslag gevoeg

Lewer ongeveer: 36
Bron: Annelien Pienaar, 1998, diabetiese kook klasse
Nutri table: Kalorië: 78kcal per koekie| Koolhidrate: 9g | Proteine: 1g | Vet: 4g | Saturated Fat: 3g | Cholesterol: 16mg | Natrium (Sodium): 75mg | Kalium (Potasium): 80mg | Vesel: 1g | Suiker: 4g | Vitamine A: 135IU | Kalsium: 13mg | Yster: 1mg