Diabete en insulien weerstandiges trek maar swaar as dit kom by lekker eet en hierdie lae kalorie muffin is perfek vir tussen in met kosblik idees en ook vir besige mense. Dit is ʼn klam en geurige happie. Vrieskas vriendelik om die GI van die produk ook effe te verlaag.
Paar idees om die GI vooraf verder te verminder. Deur iets soos 1 t psyllium husk poeier in die beslag in te bring en een eier minder te gebruik kan dien as ʼn beta glucan en goed as ʼn prebiotika. Beta glucans, lees meer oor dit aanlyn, maar in hierdie geval is dit voordelig vir die verteringskanaal en ook ʼn water oplosbare vesel. Saam met die gebruik van goeie intestinale aanvullers soos guthealth probiotics het jy ʼn wonderlike kombinasie. Hoop dit maak sin en kom vra in die comments as jy meer wil weet oor Gut health
175 g hawermout effens fyner gemaal
½ t koeksoda
2 t bakpoeier
1 t fyn kaneel
175 g volkoring of bruinbrood meel
470 g appel puree (skil appels, kook in bietjie water tot pap, maak puree)
1 appel geskil en in stukkies gesny
4 eierwitte liggies met vurk geklits om eenvormig te maak
100 ml erythritol (kan ook heuning gebruik)
125 g suikervrye joghurt plain of gegeur soos jy verkies
Voorverhit oond na 180C. Berei 12 kolwyntjie gaatjies voor met kleefvrye middel.
Meng al die droë bestanddele saam en maak ‘n holte in die middel. Meng die vloeistowwe saam en giet in die meel mengsel. Met ‘n deegskraper meng die beslag per hand. Dit gaan ‘n redelike slap muffin wees.
Verdeel die beslag tussen die 12 gaatjies en bak dan vir 30 minute by 180C.
Kilojoules per beslag: 795 g (12 muffins) en per muffin 67 g kilojoules.
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2022
Hoeveelheid: 12 muffins
Dit klink na ‘n lekker resep vir ‘n kosblik. Hoeveel carbs is dit per muffin of baksel?
Môre Annelien, kan jy asb vir my meer inligting gee oor Gut health?
Annatjie,
As jy by die soek opsie van my webtuist die woorde Gut health, Probiotika, Fermented foods in tik sal jy baie inligting kry wat ek al oor geskryf het. Ek het ook ‘n klas in die onderwerp as ‘n video online klas. Loer onder die klasse of in die winkel afdeling. Hier is ‘n link na een van talle artikels.
https://annelienpienaar.co.za/2019/05/17/fermented-foods-and-gut-health/
Groete
Annelien
Loer asb ek het die Macro’s aangedui.