Ons as gesin is baie lief vir ‘n Ceasar slaai en dan nog die unieke slaaisous daarby. Met my Bamix gereed gaan alles soos blits!
6 knoffel toontjies, skoon gemaak. Hoe varser die knoffel hoe beter
3 anchovy filette met olie
2 eiergele van jumbo eiers
125 ml vars suurlemoensap, moet vars wees
2 e Dijon gladde mosterd
1 ¼ k sonneblom olie
¾ k parmassaan of enige ander harde kaas
Sout en peper na smaak
Kruie opsies is soos volg:
Jy kan vars of gedroog, proe na smaak 1-2 t vars en ¼ t gedroog
Oregano, tiemie vir hoender slaaie
Dill ietsie met vis
Plaas al die bestanddele in die staafmenger se houertjie en meng alles saam totdat een homogene mengsel gevorm word.
Bedien oorslaaie, doopsous en toebroodjie smeer ipv botter.
Stoor vir 7 dae en gebruik alles so gou moontlik.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2015
Hoeveelheid: 200 ml volume