Mieliemeel is seker een van ons land se stysel soorte wat die meeste gebruik word. Daar is soveel wat mens met mielies kan doen en een van dit is Nachos. Heerlike bros gebraaide en gegeurde nachos dra by tot ‘n mooi mezze of tappas skinkbord en ook vir snoep happies. Mieliemeel indien jy steengemaal en organsies sou gebruik, bevat soveel meer voedingswaarde as sy kommersiele eweknie.

1 k water
½ t sout
¼ t borrie (turmeric)

Plaas al die bestanddele in ʼn kastrol. Bring tot kookpunt en skakel die plaat af.

1 ¼ k fyn mieliemeel
Meng by die water en roer goed deur. Plaas n deksel op en laat vir 5 minute rus.

¼ k koekmeel
½ t oregano

Plaas die mieliemeel mengsel in ʼn glasbak en voeg die koekmeel en oreganum by. Knie goed deur en rus vir 10 minute.

Rol baie dun uit op ʼn meel bestrooide oppervlakte, ongeveer 2mm. Sny of druk in vorms van keuse vir chippies. Indien jy dalk n pasta roller het kan dit baie help. Onthou ook jy kan Taco shells maak deur ronde sirkels te druk en dan eers hangend oor ʼn stok in die oond te droog by 70 C en daarna te diepvet braai.

Vir chippies: Voorverhit pan met 2 cm diep olie tot 180C gemeet met olie termometer. Braai tot bros en dreineer goed. Sprinkel geursel oor warm chippies om die geure so beter te absorbeer.

Rak lewe is 7 dae weens die feit dat die olie oksideer en galsterig kan raak. Hierdie resep is preserveermiddel vry. Dus is die raklewe kort.

Kaas geursel
Hier gaan ek eers ʼn lessie moet gee. Rasper kaas so fyn moontlik en droog dan by so laag as moontlik, ongeveer 40-45C vir 12 ure. Daarna druk olie droog en maak fyn en droog die poeier weer vir 6 ure. Hoe warmer jy droog hoe meer olie gaan uit die kaas kom. Ander alternatief is om die kaas te vries vir 2 weke sodat jy vog so kan verloor. Ongelukkig is Freeze dryers in SA vir huishoudelike gebruik onbekostigbaar duur. Dus gebruik ek maar Wetenskap om ʼn ompad te vind vir ons op ʼn baie bekostigbare manier.

75 g brood kummels droog
3 e kaas poeier
1 e borrie
Knippie chillie poeier
¼ t sout

Meng saam en verwerk weer tot poeier. Sprinkel oor warm chippies. Hierdie mengsel stoor nie goed as dit gekombineer word. So hou die bestanddele apart en meng soos nodig.

Gedroogde kaas stoor asb in vrieskas.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za 2022-06-06
Hoeveelheid: 4-6 porsies