Hierdie is ‘n heerlike les wat val in die kategorie van my Dehidrerings klasse en mens kan nie glo hoe maklik dit is om die rolle te maak. Jy het geen ekstra suiker nodig om rolle te maak, wat dit ‘n wonderlike natuurlike produk maak met net die suikers van die vrug as koolhidrate bron. Alle vitamienes en minerale bly ook behoue.
Kombinasies van vrugte kan ook heerlik wees en moet ook nie vergeet van speserye wat bygevoeg kan word vir gesonder opsies. Items soos chia sade, flax ens kan bygevoeg word. Smaak komibnasies kan heerlik wees…

Voorbeelde:
Appel, peer, kaneel
Piesang, appel, kaneel, neutmuskaat, gemmer, bietjie karamel geursel
Beet, peer en appel (kook beet vooraf en puree)

1. Neem enige hoeveelheid vrug (in aggenome jou drogings opsies tov spasie in oond of dehydrator. 1 k moes is geskik vir n A4 laaitjie in die dehydrator. Indien jy ‘n oormaat vrugte puree het, kan dit bevries word en later gedroog word.

Volg die onderstaande stappe:
a. Vrugte wat maklik verbruin moet tydens die skil en opsny proses vooraf in vinnig in kokende Vit C verrykte water blasjeer word vir letterlik ‘n minuut. Hierdie in dompeling van klein hoeveelhede op ‘n keer in kokende water maak ensieme dood, verhoed verbruining en pasteuriseer alles in een proses. Hierna dompel die vrugte in koue water en laat in ‘n kolander droog drup.

5 liter water tot 2000 mg vit C of askorbiensuur tablette wat vooraf fyn gemaak is. Poeier vit c is ook geskik.

b. Die vrug word dan puree in een uiters gladde massa en gesprei oor ‘n silikoon of Teflon mat teen ʼn dikte van 5 mm tot 10 mm.

c. Plaas op ʼn bakplaat vir die oond en droog tussen 55C en 75C vir 3-4 ure of langer. Hoe bepaal jy of die vrugte velle gereed is? Dit moet droog genoeg wees om van die silikoon vel los te trek, geen nat kolle en dit moet voel soos ʼn stuk buigbare leer, nie kurk droog en bros nie.

Ek ondervind dat velle wat nog warm is makliker van die silikoon/teflon velle los kom vs koud.
Indien jy te ver of te hard gedroog het, is dit nie ʼn verlore saak. Spuit ʼn baie fyn mis water oor en laat staan. Droog vir 10 min en voel of dit reg is.

In een woord, jy kan vrugte rolle nie flop nie!

d. Neem ʼn klien hoeveelheid rys meel en plaas in ‘ n chiffon sakkie, jy weet daardie sakkies wat by die Chinese winkel verkoop? Sit n eetlepel se hoeveelheid rysmeel (rice flour) en druk op die velle en vryf met kwassie liggies oor. Dit sal keer dat die rolle gou af gaan en taai word. Rol op en plaas in lugdigte houers in die yskas of vries.

Rak lewe is 2 jaar indien dit gevries word.

Bron: www.annelienpienaar.co.za uittreksel van Dehydrator foods klas. Deur Annelien Pienaar.