Hierdie is ‘n baie eenvoudige en maklike resep. Een woord tog oor die kleur van die gemmer nadat dit gebottel is. Ek het al baie navrae gekry oor die rede waarom die lesers se gemmer nie pienk word. Gemmer, wanneer dit jong is en ook vars geoes word, lewer die kenmerkende pienk. Ongelukkig groei gemmer nie oral in SA so goed, dus dit wat ons in die winkels aanskaf is soms ouer voorraad. ‘n Jong gemmer wortel is sappig, dik uit geswel en vol water en vesels in sag maar nie harig en hard. Jy kan self sommer baie maklik jou eie gemmer groei.

My eie kinkel is tog om soms bietjie knoffel en ook rissies by te preserveer. Soms ‘n handjie vol speserye soos ‘n piekel mengsel werk ook heerlik. Lees gerus die artikel op my webtuiste oor Kruie en Speserye.

500 g gemmer, vars en jonk (sny in ringe of in vuurhoutjie dik repies)
15 ml sout
2 k rys asyn (rice vinegar) of wit balsamiese asyn of appel asyn (hier gebruik ek wat ookal in voorraad is. Rys asyn is duur dus meng ek die verkillende asyne soos wat ek beskikbaar het.
150 g (3/4 k) wit suiker

Plaas die gemmer in ‘n mengbak en sprinkel die sout oor en laat vir 30 minute staan. Plaas in ‘n vergittes en spoel met 1 liter water en plaas in gesteriliseerde bottels.

Verhit die asyn en suiker saam en bring tot kookpunt. Giet die warm mengsel oor die gemmer en seel dadelik. Plaas die bottels in ‘n kastrol, vul met warm kookwater aan tot net onder die bottels se nekkies. Kook vir 10 minute, verwyder uit water. Draai bottels op hul koppe en laat so afkoel. Hierdie produk kan vir 12 maande op die rak gestoor word.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2021

Hoeveelheid: 2 x 375 ml botteltjies