My lewe in die kombuis draai om kruie en speserye en hoe ek dit kan gebruik om in elke gereg die beste navore te bring. Ek het ‘n warm pallet en vir hierdie resep is die rissies aangepas om medium sterk te wees. Jy kan warmer gaan na gelang van keuse.

Vir hierdie mengsel moet ons vinnig deur die basiese beginsels van kruie gaan. Heel kruie word droog gerooster in ʼn warm gietyster pan verkieslik. Maar sekere kruie en speserye word volgens grootte saam gerooster want kleiner olieryke kruie mag dalk brand en bitter raak. Lees dus noukeurig watter kruie en speserye word saam gerooster. Kruie moet rooster en dan dadelik uitgekeer word om die kook proses te stop anders brand dit. So hanteer die rooster van kruie en speserye versigtig want dit is die maak of breek van die hele proses.

Berbere is ʼn wonderlike “rub” en kan ook met olies van jou keuse vermeng word in ʼn pasta om in te vryf oor vleis soos hoender, vis, bees, lam en vark. Selfs onlangs het ek dit in ʼn salm patee gebruik en ʼn quiche. As jy na die bestanddele lys kyk sal jy sien dat die kruie en speserye perfek amper vir alles sal werk.

Berbere is afkomstig van Ethiopië en hul is bekend vir hul warm geure. Daar is egter ʼn spesery “korarima” wat hul gebruik wat reg oor die wêreld amper onbekombaar is en net in sekere streke van Ethiopie gevind kan word. Dus, as jy ooit egte Berbere gesmaak het, sal jy verstaan. Ek wil amper hierdie kruie mengsel wil vergelyk met ʼn masala want dit kom baie daarop neer behalwe vir die knoffel wat ontbreek. Ek vermoed dat met die reise van die seevaarders dat kruie op hierdie manier aan die Ethiopiers bekend gestel is. So ek dink dit is ʼn kruising van wat in hul kosgeskiedenis gebeur het. Loer ook na hierdie artikel oor kruie en speserye waar ek skryf van Sambals, Sambals is ook ‘n naam wat vir Berbere gebruik word: Kruie en speserye gids

Baie belangrik met hierdie speserye mengsel is om dit aan te maak en op te gebruik. Die rede is dat die vlugtige olies in die mengsel verslaan en jy die volle omvang van die mengsel mis in smaak. Jy kan dit preserveer deur bietjie olie by te roer en in die yskas lugdig te stoor vir ʼn maand. Maar die vars weergawe is altyd ʼn geure bederf. Droog kan ook gestoor word lugdig in die yskas vir ʼn maand.

Heel kruie
10 ml koljander saad (coriander)
5 ml fennegriek saad (fenugreek)
5 ml komyne saad (cumin)
5 ml swartpeper korrels (black pepper)
2 heel wonderpeper korrels (allspice)
5 groen kardamom sade se pitjies (cardamom seeds)
3 naeltjies (cloves)
3 gedroogde rooi rissies, sade verwyder tensy jy van ekstra warm hou, hou die saadjies in. Jy sal merk dat ʼn heel droë rissie velletjies vorm aan die buitekant, vryf dit af en breek die rissie oop en in kleiner stukkies.

Kruie in poeier formaat
45 ml soet paprika of my persoonlike keuse deesdae gerookte Spaanse paprika
5 ml sout
1.5 ml kaneel (cinnamon)
2.5 ml gemmer (ginger)
1.5 ml neutmuskaat (nutmeg)
5 ml borrie (turmeric)

Voorverhit ʼn giet yster pan tot warm. Plaas al die heel kruie binne in die warm pan en skud die pan vir ongeveer 2 minute totdat die geure ontsluit is. Keer dadelik uit nadat dit gerooster is. Laat baie goed afkoel, krap dit oop sodat dit vinniger kan afkoel.

Plaas die heel kruie in ʼn koffie meul of Bamix en maal fyn met die wet ʼn dry mill, sodra dit redelik fyn gekap is, sit die powder disck op en maal tot een fyn poeier. Meng die res van die bestanddele saam en gebruik soos in resepte gevra.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar vir Vleis die omvattende gids.
Hoeveelheid: 100ml ongeveer in hoeveelheid