‘n Geurige koek vanuit die vallei van Skeerpoort geskep uit die hand van my kosbare moeder, baie baie jare gelede. Soos mens is, bring jy ook jou eie en unieke smake tot so ‘n resep en sit ‘n kinkel in. Vir my is ‘n botterkoek ‘n koek wat nie swaar versier word juis om die geure wat jy in die koek gebou het, sterk na vore laat kom. My moeder-lief was legendaries met haar smaak kombinasies en hierdie koek is ongelooflik!
400 g (2 k) wit suiker
175 ml olyf olie
4 large eiers
420 g (3 k) koekmeel
500 ml (2 k) gevriesde bessies van keuse
10 ml (2 t) bakpoeier
2.5 ml (1/2 t) koeksoda
¼ t sout
1 t Speculaas kruie
100 g pekans (opsioneel)
250 ml suurroom
1 t vanielje geursel
1 t suurlemoensap
1 t suurlemoenskil gerasper/zest
Voorverhit oond na 160C en smeer ʼn tuitpan met pansmeer uit die BKT kookboek p.21. Hierdie pan smeer is goud werd, dit help enige koek om uit ʼn pan te gly. Veral as jy hierdie soort panne gebruik
Klop die suiker en olyfolie vir 5 minute saam. Voeg die eiers een vir een by, maak seker jy klits die eiers tot baie lig en donsig voordat jy die volgende een byvoeg.
Sprinkel van die resep se meel oor die bessies om dit te bedek en sodoende “voetjies” gee om in die beslag vas te klou en nie af te sak as die beslag bak. Hou jou bessies in die vrieskas en haal uit net sodra dit benodig word.
Sif die res van die droë bestanddele saam, vou die meel met die suurroom in die mengsel in. Vou laaste die geursel, suurlemoensap en skil asook bessies in.
Bak vir 60-80 minute totdat die koek gaar is.
Laat die koek goed afkoel vir 10 minute, keer dan uit op koekbord en laat goed afkoel. Maak soland die versiersuiker aan.
Glanslaag
125 ml versiersuiker
4 t suurlemoensap
1 t suurlemoenskil
Meng saam en giet dadelik oor afgekoelde koek.
Bron: Annelien Pienaar, 2021, www.annelienpienaar.co.za
Lewer 1 groot bundt koek of 2 piesangbroodjie grootte koeke
Annelien dit klink heerlik. Gaan beslis die koek bak. Dankie vir al die lekker resepte.