Die Flower Bunt pan is perfek vir enige tipe koek beslag en ook vir roerbroodjie tipe deeg. Dus kan hierdie pan as soet of sout aangewend word. Verder kan gevormde gestolde kaaskoeke en jellie perfek gevorm word in hierdie panne wat geskik is om ook bevries te word. Veelsydige pan met baie planne in my BKT kombuis. Hierdie is ‘n “heavy duty” en “double insulated” pan wat verseker dat die koek mooi egalig bak en nie brand. Gebruik met die pansmeer op p. 12 in die Boerekos met ‘n Twist kookboek, en koeke sal uit die pan glip.
Inhoud mate: 6 koppies se beslag of 1.5 liter
Denise Jooste –
Ek wil graag hierdie pan vooruit bestel. Hoe moet ek maak?
Annelien –
Hallo Denise, die panne sal weer oor 3 weke in voorraad wees. Groete Annelien.
suzetteputter –
Is hierdie pan al beskikbaar bir vooruitbestelling?
Annelien –
Hallo Suzette, ongelukkig nie, want as iets sou gebeur en die panne word dalk nie gestuur na my vanaf oorsee dan sit ek met ‘n rooi gesig.
Ian Scholtz –
Goeie môre,
Het u dalk ‘n aanduiding wanneer die pan weer beskikbaar sal wees vir bestelling
Annelien –
Hallo Ian, die invoerder het laat weet ons kan die panne 20 November verwag. Ek sit self op hete kole en wag. Daar is nog ‘n ander ontwerp wat by kom wat die totaal van keuse tov die panne 3 maak. Dankie dat julle so geduldig is. Hierdie panne is baie uniek en die fabriek vervaardig maar stadig agv die tipe metaal en insulasies wat gebruik word. Daarom dat dit vir 25 jaar gewaarborg word. Groete en ek hou julle op hoogte. Annelien
Rynette van Vuuren –
Kan nie wag om te bestel!
metzthelma –
Goeiemôre! Ek is uiteindelik gereed om só koekpan te bestel…Sal jy groot asb laat weet wanneer jy weer ‘n besending gaan inkry,? Baie Seën vir jou met al jou vurke in die vuur Annelien, jy’s ‘n merkwaardige vrou en gee vir ons so baie stof tot nadenke…..Keep on keeping on !! 🙏🏻🙏🏻🙏🏻🙏🏻🙌🏻🥰
Annelien –
Hallo Thelma, epos my by boerekostwist@gmail.com want ek het nog 1 ekstra oor. Groete Annelien
Ansie Esterhuizen –
Ek wil asb n Patisse Bundt pan bestel! Soek hom dringend….
Annelien –
Ansie, ek epos jou asap met ‘n datum. Groete Annelien
Marie-Louise Lever –
Hi Annelien, Ek wil ASB so n pan op vooruitbestelling plaas by jou? Laat weet my wanneer dit beskikbaar Sal wees?
Annelien –
Marie-Louise, die panne sal weer begin Februarie in voorraad wees. Ek hou jou ophoogte. Groete Annelien
Rozanne Wilsnach –
Goeie dag ek wil graag hierdie pan bestel. Wanneer sal daar weer in voorraad wees?
Annelien –
Rozanne, ek self wag vir terugvoering vanaf Duitsland. Heel moontlik eers in Augustus.