Pruime of pruimedante sal perfek vir hierdie vinnige resep werk. Indien jy pruimedante wil gebruik, ontpit en hidreer vooraf. Pruime is seisoenaal en kan te enige tyd met frambose, rooibosbessies, kersies, pynappel vervang word.

4 hoender borsies in blokkies gesny
1 groot uit, geskil en fyn gekap
500 g ryp pruime of pruimedante, skil en ontpit vir ryp pruimedante
2 e heuning
sout en peper na smaak

Braai die uie met n bietjie olie in ‘n voor verhitte pan tot glansend, ek vind deur ‘n knippie soust by te voeg die uie mooi glansend en soeter word. Skep die uie uit en braai dan die hoender blokkies tot gaar. Skep die hoender uit en hou eenkant.

Voeg die uie en pruime in dieselfde pan terug en braai totdat die vrug sag is en begin pap word. Voeg die heuning by geur na smaak en roer die hoender by. Bedien met Gebraaide rys

Bron: Annelien Pienaar, Studentekos, kortpad kos, 2021

Hoeveelheid: Genoeg vir 2 persone, vrieskas vriendelik