Hierdie beskuit is regtig vullend en heerlik om die vastings tyd te breek. Die beslag verdubbel goed en kan in massa gemaak word, ongedroog bevries word en later op aanvraag gedroog. Die beskuit kom so een en ʼn halwe vinger dik uit. Indien jy die beskuit groter wil hê en die pan dan wil verdubbel, onthou ook dan dat jou Makro nutriënte vermeerder. Hierdie resep maak deel uit van my KLIC lifestyle program
200 g (2 k) neute meel (ek verkies pekans, maar amandel is ook geskik)
110 g (1 k) klapper meel
150 g (1 k) saadmengsel: sesame-, sonneblom- en pampoen saad), maal fyn
100 g protein poeier
150 g (1 k) saadmengsel, onverwerk
75 g (1/2 k) sonneblom saad
100 g (1 k) neute,stukkies (pekans)
80 g (1 k) fyn klapper
60 ml (4 e) psyllium husk vesel, nie poeier
20 ml (4 t) bakpoeier
½ t fyn kaneel
15 ml (1 e) stevia vloeibare versoeter (jy kan meer versoet maar dan kry jy ʼn nasmaak…maks 2 e) OF erythritol van 1/2 k tot 3/4 k
3 groot plaas eiers
30 ml (2 e) rou appelasyn
5 ml sout
300 g egte botter
700 ml (2 1/4 k) tuis gemaakte klapper room yoghurt mengsel (Neem 1 x 400 ml blikkie klapper room en meng dit met 1 kg dubbel dik plain joghurt en laat dit vir 24 uur buite aan suur). Daarna stoor in yskas en gebruik vir beskuit, smoothies ens soos nodig.
1. Voor verhit oond na 170℃. Berei ʼn langwerpige beskuit pan voor met mates 30 cm x 45 cm en hou eenkant.
2. Smelt botter en laat afkoel. Sodra af gekoel klits eier, tuis gemaakte klapper room en stevia saam en giet dan by die gesmelte botter.
3. Meng al die droë bestanddele saam.
4. Maak ʼn holte in die meel en giet die bottermengsel in die holte. Roer deeglik deur met ʼn houtlepel of met die k-haak van jou menger.
5. Druk stewig vas in die beskuit pan en sny vooraf in vingers.
6. Bak 20 min by 170 ℃ en daarna vir nog 30 minute by 160 ℃.
7. Koel in panne vir so 5-10 min en sny weer op die merkies deur wat vooraf gemaak is. Jy behoort so 50 stukkies uit te kry.
8. Droog by 75 ℃ in dehydrator vir 10 ure of in die oond by 100 ℃ vir 6 ure.
9. Laat goed afkoel voordat dit verpak word.
Per porsie: Calories: 126.15; Fats: 70.6g, Prot: 13.1 g; Nett carbs: 1.32g
Lewer 60 porsies
Bron: Annelien Pienaar se KLIC leefstyl program 2019 epos vir verdere details: klicklifestyle@gmail.com
Onder die bestandele word 30ml rou appelasyn gelys, maar dit word nooit i.d. metode genoem nie. Moet daar asyn by kom en wanneer? Dankie!
Illana, jammer vir die ongerief. Die asyn kom by die vloeistof. Groete Annelien
Hallo Annelien kan ek net 600ml plain joghurt of karringmelk gebruik of moet dit klapper room yoghart wees.
Wilna, ongelukkig is suiwel uit met hiedie dieet en daarom die klapper room joghurt. Dit bevat nie melksuikers wat die carbcount gaan oorskry per dag.